18.7.2008
Met liefde van die biltongkonings

IN ’n biltongstal langs die wapad stry ’n Gautenger oor die prys. ’n Volle N$170 per kilogram, beantwoord die winkelman sy vraag. “Ek wil nie aandele in jou plekkie koop nie,” sê die besoeker. “Ek soek ’n happie vir die pad.   Lees meer

17.7.2008
Swoeg en sweet – vir die pret of 'n prys

MÔRE is dit weer sulke tyd! Meatco se Media-braaikompetisie vir 2008 skop af en Republikein se span sal oudergewoonte daar wees. Altesaam 14 media-braaispanne sal dié keer aantree en hul plekke agter die braaivleisvure inneem om mekaar die styd aan te sê. Die ander spanne kom van The Namibian, ...   Lees meer

16.7.2008
Hoe lyk'it met ons eige Vernon Koekemoer?

HOOR ek iewers: “Vernon wie?” Nee man, kan mossie wesie. Jy maak seker ‘n grap! Is daar dan nog enigeen wat steeds nie daai gespierde ou met die dik, goue ketting om sy nek en die moulose, geruite hempie wat hy hier bo-oor sy “six pack” ...   Lees meer

15.7.2008
Ek wonder hoe het haar reis na die Suide afgeloop

TOE ek oorleun om die deur aan die passasierskant oop te maak, druk die vrou eers haar kopdoek reg en stryk ‘n verbeelde kreukel uit haar rok voor sy haastig inklim. “Gaan Mevrou by Rehoboth verby?” vra sy toe ek wegtrek. “Ek moet vanaand nog tot anderkant Hoachanas.   Lees meer

14.7.2008
Hierdie speletjie begin nou ernstig raak

LIEFHEBBERS van diere, lede van die Wêreld Wildlewefonds en die Dierebeskermingsvereniging moet na wat hier geskryf staan, nie môre met plakkate in die straat voor die huis in ‘n sirkel kom stap en slagspreuke skree nie, maar nou word oorlog teen die pes in my lewe verklaar.   Lees meer