Advertensie
Advertensie

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Advertensie

Market indicators


2 September 2010

Advertensie

Lesers 2010


Kyk saam!

Kollig 2 September

Ongwediva Trade Fair


Info: Voter's registration


Regional Councils and Local Authorities

Moorddossier


DMH competition terms


Ons Argiewe

25.08.10

Skaduwêreld ontbloot

23.08.10

Ongeluk eis bekende

23.08.10

Nujoma: Vat die grond

24.08.10

Tragedie in sjebeen

3.07.2009

In 'n sonkol voor 'n vreemde krankehuis


Des Erasmus
’n SONKOLLETJIE van net so ‘n meter by ‘n meter of twee word op ‘n winterse Woensdagoggend my skuilplek waar my dorp van lank gelede nou ‘n onbekende stad in die hede is. Om my is daar mense en karre wat kom en gaan, maar my vesting staan vas waar ‘n kitsranker teen ‘n klipmuur beur en deur wit strepe afgebaken word net vir my. ‘n Kerkklok is die solis in die lawaaisimfonie van die malende massa.

Sonder om te vra, was ek Windhoek toe. Hospitaal toe. Nie vir die selwers nie, maar vir die Nollie wat deur ‘n krankement oorval is. In die stadstrate is daar nie parkeerplek nie, maar in die groot baai voor ‘n siekehuis en agter die valhek is daar genoeg vir almal wat op die kinkel in die lewensbaan beland het.

Dis waar my sonkol deur die takke van ‘n groot boom beur as ‘n getuie van baie jare.

Vergunning in my vertwyfeling is die stonde wat hier gewag kan word vir die gemoedstorm om te bedaar. In die tydjie gaan die spitstyd se verkeerskrum ontbind, sodat ek by die valhek uit weer ‘n stukkie dryfhout in ‘n stadiger stroom kan word. Wyer grense is die naashoofstraat en die ontvangsgebied van die krankehuis. Dis die plekke waar die stof tot nadenke lê.

Die straat oorkant die hekwag is ‘n bekende speelveld, maar net op ‘n ander akker. Baie taxi’s hou in die middel van ‘n rybaan stil. Deure vlieg oop, vroutjies spring uit, druk die ryer ‘n paar dollars van ‘n bekende bedrag in die hand en stap op ongemaklike hoë polfytjies vinnig weg na ‘n werkplek. Laat die middag sal dieselfde patroon in die omgekeerde gevolg word, behalwe dat die dametjies dan aan die flou kant gaan wees. Twee kort toetjies is ‘n aanduiding aan ‘n voetganger op die sypaadjie dat daar weer ‘n oop sitplek is vir ‘n saamry teen ‘n geldjie. Groter verkeer wag agter en lê op hul basuine dat aangestoot moet word. Dan kom daar orde, want ‘n spietkop kom verby.

So betrag ek uit my sonplek ‘n eerste bekende stryd, maar nou op ‘n ander speelveld.

En ek moet daar deur.

Die tweede is die voorportaal en ontvangsafdeling van die hospitaal. Dis waar ‘n papieroorlog woed voordat die siekes gesond gemaak kan word. Die vrou agter die rits rekenaars en ander nuwerwetshede in die tegnologie ken haar storie. Haar vrae is amper soos ‘n resitasie wat opgesê word, maar sy konsentreer nie op die antwoorde nie. Dan vra sy weer. Alles met ‘n geoefende ordentlikheid van ‘n dame.

En jy wag maar.

Op die stoepie voor die stoepdeur gee ‘n man ‘n lang suig aan ‘n sigaret. Dan vee hy met ‘n ander hand oor ‘n vogtigheid om sy oë. Soos ek, nie vorentoe en nie agtertoe nie. ‘n Man skuur by hom verby met ‘n koffertjie in sy hand en swaar verbande om ’n voet, maar met ‘n glimlag wat om sy mondhoeke speel. Amper gesond.

Uit die voorportaal bied groot swaaideure toegang tot die werklike hospitaal. Dis waar ‘n man elke keer sy opwagting uit die spelonke van genesing maak. Vir wagtende pasiënte wys hy die weg. ’n Touleier na die slagplek.

Uit die buitekoue stap ‘n jong vrou in met twee peuters aan haar hand. Dalk het sy haar papierwerk die vorige dag gedoen, want sy gaan sit of sy al die roetine ken. Die knapies is verskans teen die winter met mussies op die kop en wollerige skoentjies om die voete. Dieselfde hitte is in die donslapelle van eenderse baadjietjies. Moederliefde is sagte vrouehande wat die poffertjies van haar kleingoed al wagtend toevat. Langs hulle sit nog ’n seuntjie. Alleen.

Weer bars die swaaideure voor die gids oop. Die vrou agter die glaswand verloor haar dame. “Hê, djy,” sê-skreeu sy.” Vat daai tjeenders weg. Mangels.”

‘n Ma stap saam.

“Slot”.

So val die woorde van die tweede aflewering op die skerms van my gemoed.

En ek?

Ek wag maar in my sonkol. Wag op beter dae…