17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.02.2010

Hoe haastiger die presteerblits, hoe minder die spoed

© Republikein
Dani Booysen
SO seisoensaam kry elke ritueel waarmee die mensdom ritmies sy 365 en ’n kwart dae vol stop klokslag sy beurt.

En Febirwarie is die tyd van…

Worrie of dit darem teen Maart weer beter as ná Oukersdag mettie beursie sal gaan?

Oë oophou virrie “potholes” wat die reën soos paddastoele laat opskiet?

Winkels vol rooi en wit teddies, en voor jy nog “Vaaltynsdag” kan sê, eiertjies en hase van al wat ’n kleur en “size” is?

H’n-’n.

Februarie is skole-atletiek!

Wat beteken dat ’n oppie nipper verslaapte ma en pa Boois dus ook na ’n ovaalbaan moet afsit vir hul oogappel se heel, heel eerste kleuresport.

Die week voor die groot dag al vertel Hermanus Benjaminna hoe hy en die maatjies by sy kleuterskool langs mekaar stelling moet inneem voor die juffie op ’n fluitjie blaas.

Dan is dit “hardroep!” doen die man oor dié “atleteek” verslag.

(Hop’ie die lat dink aan kasterolie nie, stuur ou Dapperrerige Daniëltjie ’n skietgebedjie op, maar bekommer hom nie te erg dat die wonderlike turksvytjie regs langs die bos gaan val waaruit sy onsportiewe ouers gepluk is nie. Te hard moun die mannetjie darem as hy nie saam by die “apteek” mag in nie. En vir dok en tandarts is hy okie juis vol angs nie.)

Vir trotse pagoed beaam die Ben sommer vooraf dat hy inderdaad pure vetgesmeerde weerlig is, terwyl magoed besorgd begin waarsku teen die afkop prestasieruiter wat al te veel spruitjies later in die lewe poegaai ry.

“Ons moedig net aan, Ma,” gooi pappa wal. Want wil elke ouer dan nie heimlik tog maar hê dat boet of sus die res met darem net een talent sal uitstof nie?

Met ’n getjierts vannie bande blits die blou Fjord die afstand na die skool af en besef met ’n sug dat die span Boois darem nog jillemal betyds vir al die tradisies voor die eerste wedloop is. Die tjokkers issie lusmaker, die voorgereg.

In die Blou-, Acasia- of Mopaniewurmspan is hulle nog nie – dit is eenvoudig min of meer ewe oue Adampies en Evatjies wat mekaar aanvat.

Magoed sê sy gaan wag solank daar by die verste wit streep, met pagoed wat agterbly om die seunskind van die dowwe kalklyn aan die kant weg te kry.

Danksy die oefen is die kannetjies sommer woertswarts in ’n ry, behalwe lat die omie mettie fluitjie eers vir Ben en sy twee dikste tjomme moet vertel dat hul spoed erg belemmer gaat word as hulle hande vashou terwyl hulle nael. Toe die omie blaas, spring pagoed ampertjies saam met die manne weg, maar laat lyk dit gelukkig soos ’n onskuldige drafstappie hoofpaviljoen se kant toe.

Om die aksie vinnig op te som (want Benna bly steeds pure vetgesmeerde weerlig):

Die lat is los voor die res uit die blokkie, briek skielik hier in die regterkanste buitebaan met ’n omkyk en aanpor vir tjommie nommer een en twee links van hom, en gooi ’n paar wintie esse oor die hele wydte vannie baan voor hy sy stokkielekker by juffrou kry.

Al beeldmateriaal van magoed se plek:

Die skateroop bekkie allie pad tot die Ben in haar oop arms in spring.

Of pappa teleurgesteld is?

“Not ’n dinges, Lief!” verseker hy.

Elke mens, glo ou Dapper, hardloop net eenkeer uit vrye wil ’n rekordtyd sonder dat daar een of ander doodse gevaar na sy hakskene hap? En vir daai dag is daar nog ’n hele leeftyd oor.

Buiten dat die spangees en pret wat ou Kordaat gewys het, veel blinker as ’n string medaljes op ’n pelmit is.

In elke lewe kruip daar mos ’n hele reënboog talente weg. Nes daai jas ná die reën, en die een van Josef, waaroor Ben die liedjie sing en sy eie grappige Bybelstorietjie vertel.

Om jou kind bloot te help om die enkele “ace” in sy handvol kaarte te vind, is al waarvoor enige ouer in hierdie lewe kan hoop?