|
Republikein
|
|
Vandag se koerant
Vandag se Spotprent Market indicators Bruidspaarkompetisie in volle swang Kollig 9 FebruarieDie Weer
Videonuus Finse universiteit skenk voertuie Videonuus Videonuus Die onkruid waai op Nkurenkuru Advertensie Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae |
25.08.2010 Groen jellie vir blou Maandag se nugter maag
EEN voordeel van die skoolvakansie is dat mens smôrens darem so ’n bietjie later kan sluimer. Of dalk nie – as jy ’n vierjarige rakker het wie se ondeunde ogies soms sommer al voor sonop propvol stoute plannetjies oopskiet.
“Ek het vir julle poerring gemaak!” lui dié woelwekker aan die begin van hierdie week vir pa- en magoed met ’n boksprong tot bo-op die kooi wakker. “Og. “Oeg. “Aaag,” kom die grootmense, onvas soos Rowntree’s in daai kitsch tertvorms gegiet, stadig met ’n groeiende vreesbesef tot hul sinne. Ou Dapperrerige Daniëltjie, ampers te bang om te kyk, beur die oge eers net op sulke dun skrefies oop. Die agterplaas was die kombuis, wys die moddervingertjies op die buitekant van ’n speelgoedhouer waarvan die blokkies lankal de laaste een geheimsinnig verdwyn het. Dapper loer die Daan ten einde laaste tog maar oor die diep, diep bak se rand. Aha! Gelukkig darem is dit Ingilse “dessert” en nie die Yanks se jellie, smeergoed vir die brood in ons taal, nie. Jikkie-jakkie, skommel die grasgroen, ongestolde mengsel met sulke wit, onopgeloste koeke tussenin op die bodem rond. Lyk eerder op jelliefungus, van die klas Hetero-besetes, of so iets, vir dié Pappa sonder ’n woord biologie op sy tong. Miskien in die orde van Tremelellas. Genoeg om die knieë sommer so in die lê in jellie te verander! “Mmmmm,” lek pagoed met ’n breë smaail die lippe af. “Dankie onse ou Benna!” Jy kan vrek baie van ’n ou se karakter agterkom uit die manier waarop hy jelliebone eet, het Ronald Reagan gesê. En net so veel uit hoe ’n man sy laaitie se heel eerste kookpoging – al is dit net ’n koue nagereg – bespied… Op die dienblad en in die tuin kry pagoed al die bewyse: Die oop jellieboksie netjies eenkant; die byna leë poeiersakkie langsaan; die hopie geskeurde papierrepies. Buite drup-drup die tuinslang nog waar die water vir die groot meng bygetap is. Van waar dié skielike jellielus, tob ou Dapper terwyl hy die kraan toedraai, kaalvoet terug na binne slof om agter die klein sjef skoon te maak en begint dink aan ’n manier om die groen monster te verduister voor dit tyd is om die mannetjie by sy skooltjie te kry. Hermanussie sien, het ’n lelike byt van die inpakgogga weg. ’n Poeding wat nie weggetoor raak nie, ry dus nou-nou saam om by die tjomme te gaan spog. Vir Ferdinand “Jelly Roll” Morton en sy ragtime- jazz ken die Ben tog nie. Oho! Dalk was dit daai gummy- en jelliebere in een van die ander items in die span kleuters se sjokoladefabriekkonsert? Al was onse seunskind ’n gemmerkoekie wat gesing het hoe sy hartjie vir al wat ’n mens en ding is tjoklits pomp, smaak hy daai liedjie met die “ba ba biedoebiedoebie jam jam” al te kwaai. “Waar is al óns energie?” skerts ou Daniëltjie op pad werk toe in die blou Fjord nadat die blinkgepoetste petroleumjellie-gesiggie klaar afgelaai is. Selfs jellie breek ’n man se tande as hy hom heeltyd in beweerde ongeluk blindstaar, seg ’n Persiese spreekwoord. Só. Al pas die sorgvrye “Jelly sandals” van die jare 80 lankal nie meer nie, is die weglê aan ’n ou groen jellietjie miskien net die regte medisyne? Douvoordaag. Op elke blou Maandag se nugter maag. Want hierdie is die kos, sê die simboolkenners, van prettig veelkleurige en keuseryke jellieboon-, versiersuiker- en smaartiedrome… |