Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.09.2010

Gene is goeters wat hulle nie laat hênsop nie


Dani Booysen
DIE einste pappie wat hier op die vooraand van Krismis 2008 in hierdie presiese rubriek ’n groot gewag gemaak het van hoe en hoekom hy al wat ’n speelgoedgeweertjie is uit sy tweejarige laaitie se handjies gaat hou, moet vandag ruiterlik in die openbaar die wit vlag hys.

Eintlik, kan ou Dapperrerige Daniëltjie in die biegoor fluister, het dié pasifistiese pa- en magoed hoeka al die hande in die lug gooi.

Dinsdagaand weer was die uwe op woelwater-bewaardiens.

Kort na 17:00 word die Hermantjie Ben toe innie Blou Fjord geboender. Vir só ’n ou blitsige sjoppiengsprietjie, sien, voor ons in elk geval die tienersussies by hul vakansiewerke moet oppik.

Nie veel op pagoed se kooplysie nie: Rondebrode vir die hêmburgerpêtties in die vrieshokkie en nog ’n noodsaaklikheidjie of wat.

Op die Bennamanna s’n: Die “speeldingetjie” waarvoor hy vroeër die middag so mooi oor die selfoon gevra het.

“Net so ’n kleintjie,” wys Daantjie egter vooraf met die spasie tussen wysvinger en duim om die reëls duidelik uit te stippel. Trollieloos loop pa en seun die kettingwinkel se einde-vannie-maand-vloer storm, met die mannetjie op sy beste gedrag.

En by die speelgoedrak bewys die kêreltjie homself tot dêdda se verbasing as ’n sjopper ver ouer as sy vier jaartjies.

“Hoeveel kos die een, Pappa?” vra hy hier en daar met ’n gepunte vingertjie terwyl hy tydsaam die pretwaarde van elke item – buiten natuurlik die pienkes en die met rokkies aan – teen die geldjie in pagoed se sak opweeg.

’n Skuimrollie vir die bad?

“Is vir babas, man!” lui die volstrekte protes.

’n Seepbelblaser kry ook die nee.

Én die karretjies, boublokkies, heldefiguurtjies, ’n poeliesman in ’n mousterboot, ’n groot plaashond wat ’n man self soos ’n legkaart aanmekaar kan sit; nes die versameldiertjies uit oseaan, wildtuin en oerwoud.

“Hierdie een!” word daar uiteindelik op ’n sakkie met ’n helikopter, tenk, jiep, sandsakke, murasie, vlae en ’n rits soldate besluit.

Dis diep-diep in die gene opgesluit, moet paps opnuut erken terwyl hy dophou hoe die Ben terug by die huis sy Chinees-vervaardigde weermaggie oor die uitgestrekte vlaktes van die koffietafel op maneuvers plaas.

“Boem!

“Doef!

“Diesj!

“Rattatattatat!” dreun die byklanke uit die seunsbekkie.

As ’n laaitie nie ’n rollie het nie, sal hy getrou aan die Grotmangeen selfs uit ’n toebroodjie ’n “six shooter” sny, of van die eendjie wat jy in sy hande stop ’n rollie maak, het koerantman George Will gesê.

Evatjies het boonop maar net hul eie skietgoed?

Wat anders dan is die haardroërtjies en die knyptange en knuppels waarmee ’n sussie salon-salon of kombuis-kombuis kan speel?

Dank vader tog die konka vol gevaarlike, chemiese geheimpies is nog maar net ’n “asdrom”?

Hênsop kan jy geen nie, maar moet soms briek trek en heeltyd spoorsny en pad wys.

“Elke regte seuntjie is ’n rebel en ’n anargis,” het die sielkundige John Andrew Holmes dekades gelede al gewaarsku. “Laat hom ontwikkel volgens sy eie instinkte, sy eie luste, en die gemeenskap sal so ’n radikale transformasie ondergaan dat die volwasse oproermaker sal koes en ineenkrimp.”

“Oppaktyd!” kondig hierdie kastige Guevara na ’n tyd so ietwat bossies vir eers ’n skietstilstand in die sitkameroorloggie af.

En trek met die tikkie pasifisme wat die laaste twee jaar se avonture hardvogtig oorleef het ’n slaaptydboek met ponies en perde nader.