17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

31.01.2012

Gee my ’n man wat ’n barshou kan kyk


Henriette Lamprecht
KIERTSREGOP sit hy op sy perd. Sy roomkleurige, wyerand Stetson gooi ’n donker skaduwee oor sy gesig waar stoppels op sy ken en wange skuil. ’n Spiertjie spring in sy wang. Sweet pêrel liggies op sy bolip, die kneukels van sy een hand span wit soos hy die teuels van sy vosperd styftrek. Die ander hand soek vir iets in sy rooibruin langmouhemp se sak.

My beskrywing van die enigmatiese Marlboro-man. Vergeet van Bakkies Botha en Chuck Norris. Die Marlboro-man was en sal vir my altyd die toppunt van my definisie van mán bly.

Aanvanklik is die Marlboro-man gebruik in ’n advertensieveldtog wat vanaf 1944 tot 1999 in Amerika geloop het om filtersigarette, wat in daardie stadium as vroulik bestempel is, meer “manlik” te maak. Dit word steeds as een van die briljanste advertensieveldtogte van alle tye beskou omdat dit ’n vroulike veldtog met die slagspreuk “Mild as May” binne ’n kwessie van maande verander het in een wat ru en manlik was.

(Oor die vroue wat wel vir Marlboro-man en sy vangriem in hul web kon vang en hom toe in ’n metroman met sonbrandroom en nikotienkougom verander het, wil ek my liewer nie uitlaat nie. Wel dat daar vir hulle ’n erger straf as ’n vuurpeleton moet wag...)

Elk geval, met die klem wat vandag op ’n gesonde, groen, vervelige lewe val, het die Marlboro-man van tydskrifblaaie en advertensieborde verdwyn. SUG. En toe gaan soek ek na ander manjifieke macho’s wat darem so hier en daar nog Marlboro-man se plek kan volstaan.

Dis nou die tipe wat volgens ingeligte bronne alfa-manne is, die wat nie skrik vir ’n koue pampoen nie, natuurlik bespier en gespier is en ’n dooie hou kan skiet. Die tipe van wie seuntjies droom om eendag net soos hy te wees, wat deur boewe gevrees word en die vroue oor swymel.

Soos John Wayne, die ander “ultimate” cowboy, dit in sy fliek Big Jake stel:

“Now you understand. Anything goes wrong, anything at all… your fault, my fault, nobody’s fault… it don’t matter… I’m gonna blow your head off. It’s as simple as that.”

So eenvoudig soos dit. Vra vir Bruce Willis in sy Die Hard-trilogie. Wat dié man vir vuilwit frokkies en bloedbesmeerde biseps gedoen het, kan Edward en Jacob van Twilight-faam maar net oor droom.

Clint Eastwood as Dirty Harry. “You’ve got to ask yourself one question: ‘Do I feel lucky?’ Well, do ya, punk?”

Paul Newman as Butch Cassidy en Robert Redford as die Sundance Kid. “Boy, I got vision, and the rest of the world wears bifocals.”

Mel Gibson in die Lethal Weapon-sage, Jack Sparrow in Pirates of the Caribbean!

Nou ja, ek volstaan met ‘They don’t make them like they used to!”

Dankie tog ons het darem nog vir Bakkies…