Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

1.09.2010

Elkeen het aanspraak op sy plekkie onder die son

© Republikein
Ruhan Bothma
SOMMIGE mense is oggendmense en an- der is weer aandmense. Oggendmense staan soggens op met ’n lied in hul hart en is vrolik. (Dit is nou ten koste van die meeste aandmense). Oggendmense is vriendelik as hulle opstaan. Dan weer kry jy die aandmense wat met hul dinge deur die nag kan aangaan sonder om stoom te verloor.

Maklik tot vyfuur in die oggend. Hulle bly die hele nag lank vrolik, maar moenie vir hulle sê om vyfuur in die oggend op te staan nie. Nee, dan verander daardie vriendelike naguil in ’n monster. Dikbek. Aandmense druk daardie “snooze”-knoppie van hul wekkers se alarms gewoonlik vier tot tien keer af voor hulle soggens uit die bed rys. Hul liggame word met moeite na die badkamer of kombuis gesleep.

Om die een voet voor die ander te sit, verg vir ’n aandmens werklike inspanning so met die opstaanslag. Sodra die eerste water oor hul gesigte gespat word of die eerste slukkie koffie geneem word, gaan dinge gewoonlik so ’n bietjie beter, maar sake is nog ver van reg. Jy praat ook nie met aandmense as hulle pas hul oë oopgemaak het nie.

’n Môregroet wat gebrom word, is voldoende vir ’n aandmens en aandmense brom gewoonlik ook “môre” as hulle terug groet. Moet nie te veel van ’n aandmens in die oggend verwag nie.

Moenie in die oggend in die omgewing van ’n aandmens te oorvriendelik of vrolik wees nie. Indien jy oorvriendelik of vrolik is en te veel van ’n aandmens in die oggend verwag, maak jou gereed vir ’n gegrom van ’n ander wêreld wat sonder enige twyfel die vriendelikste oggendmens ook in ’n grompot in die oggend kan verander. Kyk, aandmense is soos geyste water.

Hulle ontdooi deur die loop van die dag soos dit warmer word. Vir die meeste aandmense is die eerste twee ure van hul dag, elke dag, loutere hel. So hard soos wat ’n aandmens probeer om ’n glimlag vroegdag op sy gesig te sit, verander daardie glimlag sonder enige inspanning in ’n frons. Teen middagtyd begin aandmense eers regtig op spoed kom en funksioneer hulle optimaal.

En sodra daardie son in die weste begin sak, is daar nie ’n wese op hierdie aarde wat meer in sy element is as ’n aandmens nie. Enige tekens van moegheid verdwyn soos mis voor die son en soos die son se strale al hoe minder word, kry aandmense ’n nuwe oemf. Dit is ook reg so, want hulle is mos aandmense.

Dit is die tyd van die dag wanneer hulle op hul gelukkigste is. Dit is ook die tyd van die dag wanneer dinge vir oggendmense begin verander. Nou is dit hul beurt om minder vriendelik word. Oggendmense is natuurlik glad nie so nors en stuurs in die aand soos wat aandmense in die oggend is nie.

So moet daar seker maar oggendmense en aandmense op hierdie aarde wees, want wie gaan dinge soggens aan die gang kry en wie gaan dinge snags aan die gang hou as hulle nie daar is nie. Dit laat my dink aan Sophie wat ook glad nie ’n oggendmens was nie. Elke oggend het sy in haar bed tot op die laaste nipper bly lê.

Dit natuurlik tot die afgryse van haar kinders wat byna elke oggend van hul skoolloopbaan laat was vir skool. So het die kinders vanaf halfsewe elke oggend aan haar begin karring dat sy moet opstaan en dat hulle gaan laat wees vir skool as sy nie opstaan nie. Een oggend was dit vir Sophie genoeg.

Sy’t in haar bed omgevlieg en met hare wat elk sy eie windrigting staan vir die kinders gevra: “Het ek al ooit een oggend bly lê en nie opgestaan nie?”

Oggendmense sal oggendmense bly en aandmense bly aandmense. Elkeen van ons het sy plek en dit is goed so. Nou moet ons mekaar net verdra vir wie ons is.