Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

3.03.2010

Elke siel en plekkie het maar sy (T)ses en sy nul

© Republikein
Dani Booysen
DIE piepklein dorpies wat die wye kaart van onse land bestippel, bly eenvoudig ’n ongelooflike bron van storie, feit, fiksie en flater.

Seker maar nes die mens en sy hele bestaanskaia?

Vat nou maar vir Tses dour in die verre Karas.

Vir dié wattie mooi weet waar hy lê nie – vier vingers omtrint bó Keetmans met sy groen straatligte; suid-oos van die Brukkaros, en so twee hande onder Mariental. Klein soos hy is, is die stasietjie langes die nasionale hoofpad vrek baie in die nuus.

As die krag nie af is nie, is die TV skoonveld, of iets anners kook oor innie harte van die woelige gemeenskap.

Sekerlik een van die nasionale uitsaaier se koddigste, dog diep-diep raakvatberigte van die afgelope maand (die weergawe oppie kassie):

Dis chaos op Tses.

Die ouers hou plakkaatvastrap innie stofstrate oor ’n onnie wat glo onregverdig per SMS die trekpas gegee is. Die koshuistjênners het glo ’n klagskrif ingedien oor hierrie man die antie mettie lang glaslyf te veel soen en nie oppie jop is nie. En as klimaks: Die streekdirekteur vir onderwys seg die betrokke leerkrag is eintlik al verlede jaar innie pad gesteek omdat hy nie aan die voorgeskrewe kwalifikasies voldoen nie?

Huh!

Moet met g’n gemeenskap en sy onnies sukkel nie?

Of is party mense dalk blind vir ’n onderwyser se skreeuendste skete, wat ons almal mos maar in wisselende grade het?

Die opstand laat dink mens aan hierdie sinnelose vakbondargument of onnies in die namiddae aan diens moet wees.

(As almal heeldag hard genoeg gearbei het, sou dit nie nodig gewees het om “roll call” innie personeelkamer te hou nie… Net mense met ’n woema-etiek kan sonder ’n opsigter klaarkom.)

Om meer oor die petalje te wete te kom, slat ou Dapperrerige Daniëltjie ’n sellyn na die bekende Fritz Boyse daar op Tses.

Nou hierrie is ’n man wat eintlik die naam “Dapper” verdien.

Want Tses-of-te-not, skryf hy sommer daar uit sy kleine huisie vir ’n afspraak om die Praaim Minister te woord te staan oor hoekom juf basiese ontwikkeling dan noggie haar koekblik-en-kapanastalletjie hier opgeslaan’t nie.

Fritz het g’n bang haar op sy kop nie.

Nie vir die nedersettingsraad, die stamraad of selfs polisiemanne wat kwansuis nie hul werk doen nie.

“Roei hulle, ou Fritz!” dink Daantjie altyd in pure oopbek bewondering.

“This number is currently not reachable, please try later,” antwoord die dame egter van Fritz se kant.

Die seltoring besig met dieselle saaitse assie krag ennie tiewie?

Of die betogende ouers dan nou reg was of die opvoedingsowerhede, sal hierdie Dapper maar later daar by Fritz moet traai uitvis.

Maar deur dié storie, bly ek uitgeboul vir ’n ses.

Of is dit ’n “duck”?

Nes die pikante Tses het elke mens en die plaas waar hy sit, maar sy eie sesse en nulle.

Een oomblik kan jy nie glo die bal klap die penne hier om die kolf plat nie.

En die ander moker jy die rondetjie dat hy sommer klein word oor die horison.

Kom-kom Tses, stuur julle “sê jou sê’s” aan deeskant toe dat ons ook agter die kap van die byl kan kom…