17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.01.2012

Die lewensfliek rol voort, skietgate en al!

© Republikein
Boet Matthews
EN hier is ons nou (amper) almal weer terug op ons se poste, skoolbanke, kluite, trone, mishope?

Die ou, nuwe Bastertjie van Rehoboth, ook bekend as “Boetie Twenty-Twelve”, sę amper, want as hy so rondom hom kyk, lyk dit nie vir hom asof al die kollegas hul splinternuwe grasgroen sitplekke ingeneem het nie. In vlees wel, maar…

Kom ons los dit daar. “Boetman Twenty- Twelve” wil nou nie deur die verkeerde deur die nuwe jaar binneval en in die eerste maand al herdoop word tot “Boetman Bloedneus” nie.

Die uwe is nou nie bekend vir sy storievertellery nie, maar ná so ’n luilekker vakansie mag hy darem seker so ’n ietsie met sy lesers deel.

Vir die rekord: Boetie het baie ver gery, baie mense ontmoet, baie lekker kos geëet en baie dinge beleef wat hy liefs baie gou wil vergeet. En ander goete wat hy baie lank wil onthou. Baie dankie!

Ek en vroulief het ook in baie huise oornag en baie van hulle het baie kinders gehad. En daar het Boetie uitgevind baie dinge het skeefgeloop vandat ou Kain daai dag besluit het hy wil ’n enigste kind wees. En soos die horlosie van 2012 aangestap het na “terug hok toe”-dag, het ek besef die enigste verskil tussen my kinderjare en vandag se kinderjare is dat ek nie van my ouers verwag het om my sosiale direkteure te wees nie. Ek het nooit gesę ek is “bored” en die lewe is “boring” nie, want dit lyk my kinders het eers so om en by Julie 1967 begin “bored” raak. Ons het onsself as kinders eindeloos vermaak. Vandag se geslag sę vir hul ouers: “Julle het my hier gebring. Nou moet julle my vermaak.”

As ek dit ooit vir my Pa durf sę het, sou sy antwoord gewees het: “Jip, ek en Mammie het jou hier gebring, en ons kan jou weer verwyder ook. Ons kan altyd dan probeer om nog enetjie te maak wat beter as jy is.”

Al die ouers by wie ons gekuier het, het darem nou nie Pa se filisofie gehad nie, derhalwe leef die kinders nog en is van hulle op die arme, onvoorbereide aarde losgelaat.

Van daai einste ouers het menige maal vir my en vroulief daar onder die skadu van ou Tafelberg gesę: “Dis tog so belangrik dat ons weer die kind in ons moet ontdek.” Boetie stem heelhartig saam, veral as ’n agtienjarige dik-getikte seun se pappie dit vir hom vertel. Want nou se dae se dik-getik innie Kaap is nie dieselfde dik-getik wat ek geken het as ons bebloed van die skoolgronde afgestap het nie.

Een aand het ek nie geweet of ek moet lag of huil nie. Swaer Charlie se 19-jarige knaap stap die sitkamer binne en steek ’n sigaret aan. Pa berispe hom met: “Johnny, maak dood daai ding, weet jy hoe ongesond en skadelik dit vir jou longe is?” Waarop Slim Johnny toe antwoord: “Moenie worry nie, my toppie, ek het twee longe. Die een gebruik ek vir asemhaal en praat en die ander een vir rook.” Bid jou aan!

En die humeure en gedagtes van geweld! ’n Ander verlangse familielid se seun is oortuig hy is die Lone Ranger of Billy the Kid, want sy oplossing is om alles plat te skiet wat hom pla.

Soos die aand in die “movie”-teater. Halfpad deur die fliek toe dreig hy hardop hy gaat die silwerdoek aan flarde skiet, want die karakters staan hom nie aan nie. En toe volg een van die lesse wat Boerie gaan onthou.

Sy pa het die gestalte en gesag van ’n Dirty Harry en seg: “Ou seun, jou lewe is ook ’n fliek, party dele is lekkerder as ander. Jy kan die silwerdoek vol gate skiet, maar die fliek gaat voortrol. Help skryf aan die draaiboek en maak seker jou fliek het ’n ‘happy ending.’ Dis jou keuse. ‘Make your day.’”

En ek dink by myselwers: dis lekker om ’n kind te bly, nie kinderagtig nie, maar om die kind in jou lewendig te hou.

Herinneringe van jou kinderlewe is waarskynlik duideliker in jou geheue as oor die plek waar jy laas jou leesbrille neergesit het. Jy kan jou brille altyd later loop soek…

Mag ons almal die kind in ons in hierdie 2012 herontdek en nie nou al wild en wakker op die silwerdoek begin skiet nie.

Kom ons skryf liewer “happy endings!”