Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

12.03.2010

‘n Titsel verbeelding vir die versoling van verslete ou bande

© Republikein
Des Erasmus
‘ n OUER glimlag in die taalstryd teen anglisismes is Van der Merwetjie wat die juffrou in Engelse opsteltyd in sy klassie gevra het: “Juffrou, wat is die Engelse woord vir ‘n ‘tyre?’ ”

Die luimigheidjie speel weer in die gedagtes toe verlede week in die nuuskolomme berig word oor buitebandwoude wat welig op die Walvisbaaise stortingsterrein groei. Dis hope van die goed wat bruikloos daar lê. Het iemand nie ‘n plan daarmee nie? Lesersreaksie was foto’s van pragtige beelde wat met ou buitebande gemaak word. Met ‘n dese en gene wat deesdae in die herwinningskoortjies sing, is dit byna onbegryplik dat ‘n ereplekkie nog nie vir ou buitebande gevind is nie.

Baie gebruike bestaan reeds vir ou buitebande, hoewel dit kwalik aan Walvisbaai se bandeberge gaan wegwerk. Veral plaaswerwe bied voorbeelde van die alternatiewe gebruik van die ou bande. Bande word in die middel van die loopvlak middeldeur gesny met die twee halwes wat dan as voerbakke vir kuikens, hoenders, ganse, makoue en selfs varke dien. Dit word beskermend om jong boompies geplaas en selfs as wande vir potplante gebruik. Vlak heinings word band teen band gebou.

Die skaapwagter ken die kuns om sole volgens die vorm van sy voete uit ou bande te sny en dit dan met hegsels van draad en seil as sandale te gebruik. Rampatjannas het die Oos-Kaapse boere vir die skoensoort gesê. Mapasjaan of rampasjaan – “tyresandal”, sê die tweetalige woordeboek daarvoor. Ou buitebande kan selfs as sole vir deurgeloopte draskoene gebruik word.

Die trotse eienaars van donkiekarre het ook ‘n oog vir ou buitebande. Vir ‘n donkiekar kan dit nog jare dien waar die pas meer langsaam as die van jagende motors is. Die donkiekarryers het ook nie juis erg aan die fabrikate of die groottes van die buitebande nie. Dit is ‘n bedryf van maak pas. Donkiekar vir die naweek na die buurplaas, pouveer in die hoed en kitaar met ‘n gebreekte snaar oor die blad … Voorkant toe soek smeulende stompies ‘n flou vlammetjie onder ‘n driepootpot. Liefdesliedjies uit geknoopte snare.

Die speelplek is die eintlike gebied waarop ou buitebande tot hul reg kom. Netjiese snitte word op buitebande uitgevoer, daarna word dit omgedop en aan die oorhangtak van ‘n werfboom gekoppel. Die bakhouer van die omgedopte buiteband is net die ding vir die skraal sitvlakkies van die opkomende jeug. Al swaaiend word beweging geskep en word werftonele in beweging gebring.

Ek sien weer ‘n voshaarnooi op ‘n bont perd ry.

Die grotes speel ook met die kleintjies met buitebande. Die klein lyfies knak nog maklik en kan maklik in die sirkelholte van ‘n buiteband ingepas word. En dan rol die grotes die kleintjies kop oor stert tot op ‘n punt waar naarheid dreig.

Vryheid is ook ‘n seunskind van die townships met ‘n ou buiteband as sy kleinood. Die goed word met ‘n stok as dryfmiddel en teen seunspoed op syen voetpaadjies, maar ongelukkig ook soms op straat, aangejaag.

Ou buitebande word ook as buffers gebruik. Gaan kyk maar teen die kaaiwande van die Walvisbaaise hawe. Dis kussings teen die gety se rol van bote en ‘n gevolglike gestamp van die bootromp teen die kaaibeton.

By renbane is gesien hoe buffersones tussen die baan van die byna vlieënde renmotors en die toeskouers dien. Sou ‘n renmotor die spoor byster raak en die baan verlaat, sal dit nie regstreeks tussen die toeskouers beland met die moontlike noodlottige gevolge nie.

In die nywerheid en vir die beskerming van eiendom word brandende ou buitebande ook deur onder meer brandweerdienste gebruik om hul vuurvegters op te lei.

Soos ou buitebande is ou binnebande ook dikwels weggooigoed. Seunskinders maak die stringe vir hul voëlrekke daarmee. Of basiese lapwerk word aan die lekplekke gedoen sodat die binnebande weer hul wind kan hou. Vreugde is ‘n plaasseun op ‘n ou binneband op ‘n gronddam.

Dis amper soos die beelde wat die kunstiges nou van die afvalrubber vorm. Maak ‘n plan.

Of kom ry op ou bande saam met my na my hartseer. Kom soek saam met my na my verlore spoor.