Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.09.2010

Węreldklas konferensiesentrum kom in hoofstad


Me. Marelise Serfontein
‘n MODERNE konferensiesentrum volgens internasionale standaarde en ’n nasionale konferensieburo word vir die hoofstad beplan om die land se saketoerisme te bevorder.

“Die internasionale saketoerisme- bedryf is hoogs kompeterend. Ander lande se konferensieburo’s slyp deurentyd hul gesofistikeerde en geteikende bemarkingstrategieë op alle vlakke om internasionale besigheid te lok en hul bedryf te laat groei. Dit het tyd geword dat Namibië moet vorentoe tree en met die res van die węreld hande skud,” volgens me. Marelise Serfontein, uitvoerende raadslid van Conference Link, ’n pionier van die geleentheids- en konferensiebedryf vir meer as ’n dekade.

Met die saketoerismesektor wat węreldwyd groei en ook ’n nuwe neiging in Namibië is, het Conference Link onlangs ’n voorvolhoubaarheidsvergadering met rolspelers in saketoerisme geďnisieer om die opwindende nuwe ontwikkeling te bespreek.

Namibië se toerismesektor het die afgelope paar jare ’n verfrissende oplewing getoon en met die groei van saketoerisme, is die land besig om ’n gewilde bestemming vir vergaderings, konferensies, berade, seminare en kongresse te word. Namibië beskik egter oor slegs ’n handvol konferensiegeriewe wat op internasionale standaard is, volgens me. Serfontein.

“Hoewel die potensiaal van saketoerisme bydra tot die ekonomie van ’n bestemming wat internasionaal erken word, is die term nog baie nuut en onontgin in Namibië. Met groot geleenthede wat onlangs in die SADC-streek in die algemeen en in Namibië in besonder plaasgevind het, kan ’n meer proaktiewe ontwikkeling van saketoerisme nie geďgnoreer word nie,” sę me. Serfontein.

“Dit word beraam dat sowat 300 saketoerisme-aktiwiteite jaarliks in Namibië gehou word met 30 000 verteenwoordigende dae van afgevaardigdes,” het sy gesę.

“Die bedryf se waarde word op sowat N$140 miljoen geskat en met meer gefokusde ontwikkeling in saketoerisme, kan baie meer vir die land gegenereer word.”

Sakereise, wat wissel van klein vergaderings en leierskapwegbreke tot groot konferensies en uitstallings, is ’n winsgewende sektor van die mark met eindelose potensiaal vir groter beleggings in die land.

“Sakereisigers bestee drie keer meer geld per dag as toeriste wat hier is vir ontspanning en sowat 25% sakereisigers kom weer binne vier jaar terug met hul families na hul konferensiebestemming vir vakansiedoeleindes. Statistieke toon ook dat daar ’n aanduidende oorgang van sakereise na vakansiereise is.”

Buiten om potensiële toeriste vir die land te lok, stimuleer saketoerisme die ontwikkeling van infrastruktuur, soos hotel- en konferensie-akkommodasie en ander eiendomsontwikkeling, paaie, verkeerstelsels en die verbetering van die totale konferensie-infrastruktuur.

“Dit is ook deur en deur bewys dat saketoerisme ook ’n belangrike werkskepper is in beide hoër- en laergeskoolde posisies. Saketoerisme skep relatief maklik ’n groot aantal werkgeleenthede wat baie betekenisvol is in tye van hoë werkloosheid,” volgens me. Serfontein.

“Nog ’n groot voordeel van saketoerisme is die vermoë om moontlike beleggers na die land te lok, asook interaksie tussen meningsvormers en media van regoor die węreld.”

Die potensiële positiewe internasionale blootstelling van ’n bestemming moet nie onderskat word nie.

“’n Konferensiesentrum het die potensiaal om op baie maniere op te hef en te ontwikkel, insluitende ekonomiese groei, buitelandse valuta en verhoogde tariewe en belasting en beter ontspanningsfasiliteite vir die plaaslike samelewing,” volgens me. Serfontein.