17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.09.2010

Wenners uit Singapoer besoek Namibië


Mnr. Tan Thiam Seng en sy vrou, me. Trumell Ng, van Singapoer op besoek aan AMC-Gemxcel se diamantslypaanleg in Windhoek. ’n Werknemer van die fabriek het ’n klaargeslypte diamant vir hulle gewys en ook gedemonstreer hoe die gehalte van diamante bepaal word.

IN Singapoer het die bemarking van Namibiese diamante ’n heel nuwe rigting ingeslaan. Die eksklusiewe Lee Wha Jewelry- juweelboetieks in die stadstaat het gedurende Junie en Julie vanjaar ’n kompetisie aangebied waarin enige inwoner van die stad ’n reis na Namibië kon wen indien hulle Namibiese diamante gekoop het.

Die diamante, met die Atlantis Namibian Diamonds-handelsmerk, word eksklusief deur AMC-Gemxcel se verwerkingsaanleg in Windhoek geslyp. As wenners in die kompetisie hetmnr. Tan Thiam Seng en sy vrou, me. Trumell Ng, die afgelope week deur Namibië gereis en verskeie toerismebesienswaardighede soos Sossusvlei en die Etosha Nasionale Park besoek.

Me. Ng sê die reis was ’n belewenis en sy en haar eggenoot was verbaas dat die omgewing so ongerep is. Sy sê hulle het die diere van Etosha baie geniet en die duine van Sossusvlei was vir hulle asemrowend. Die reis wat sy en haar man gewen het, het ’n besoek aan die slypaanleg van AMC-Gemxcel in die Prosperita-nywerheidsgebied ingesluit.

Mnr. Tan Thiam Seng en sy vrou, me. Trumell Ng, van Singapoer op besoek aan AMC-Gemxcel se diamantslypaanleg in Windhoek. Hulle het ’n reis deur Namibië gewen omdat hulle eg Namibiese diamante gekoop het. Mnre. Dantegob en Hanganee Gurirab, twee direkteure van die maatskappy en die fabrieksbestuurder Eugene Roos het die besoekers op ’n besigtingstoer deur die slypaanleg geneem.
Op die laaste dag voor hulle vertrek terug na Singapoer is die egpaar deur die frabriek geneem sodat hulle nader met die slypbedryf kan kennis maak. Volgens mnr. Dantegob Gurirab, een van die Namibiese direkteure van AMC-Gemxcel, is die besoek van die twee reisigers uit Singapoer van kardinale belang vir die Namibiese diamantbedryf.

“Dit is ongelukkig so dat die meeste buitelanders diamante met geweld en oorlog vereenselwig. Wanneer besoekers self kan sien hoe diamante verwerk word en dat Namibië ’n land van vrede is, is die waarde van die bemarking onberekenbaar.”

Volgens mnr. Gurirab se broer en mededirekteur, mnr. Hanganee Gurirab, is die slypaanleg gedurende Januarie 2008 op die been gebring. Intussen het AMC-Gemxcel van België aandele in die twee broers se maatskappy gekoop en sedertdien word Namibiese diamante eksklusief deur die sowat 30 juweliersboetieks van Lee-Hwa Jewelry in Singapoer verkoop.

Volgens mnr. Dantegob Gurirab het die internasionale finansiële krisis ook die fabriek geraak, maar kon hulle dit deurstaan omdat Singapoer een van die ontwikkelende diamantmarkte van die wêreld is.

“Gelukkig het ons die eksklusiewe kontrak met Singapoer, anders sou ons soos van die ander slypaanlegte in Windhoek moes toemaak. Ons het verlede jaar nie baie diamante geslyp nie, maar vanjaar het die aanvraag weer skerp gestyg en gaan sake taamlik goed.”

Mnr. Gurirab sê hy en sy broer het die fabriek aan die begin van 2008 met 25 werkenemers begin. Sedertdien het die onderneming noemenswaardig uitgebrei. Vandag werk 90 mense vir die fabriek.