17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.01.2012

Vervalste N$100 note in omloop

© Republikein

DIE Bank van Namibië (BoN) het die Namibiese publiek gewaarsku teen vervalste N$100 banknote wat tans in omloop is. Die vervalste N$100 banknote is oor die feesseisoen ontdek en die saak word tans ondersoek.

Volgens ’n verklaring deur BoN se hoof van korporatiewe kommunikasie, mnr. Ndangi Katoma, is die voorkoms van vervalste banknote ʼn wêreldwye verskynsel, maar is die verskynsel in Namibië betreklik seldsaam.

“Tans is die verhouding van nagemaakte note in omloop teenoor egte note ongeveer drie uit een miljoen in Namibië. Dit beteken dat uit elke miljoen note van ons geldeenheid net drie vervalsings voorkom,” het Katoma gesê.

Volgens Katoma bly BoN steeds die enigste owerheid wat vir die uitreiking en verifiëring van outentieke Namibiese geld verantwoordelik is.

Ander instansies en lede van die publiek word dus aangemoedig om die Bank van Namibië in Windhoek en die Oshakati-tak te nader om enige feite met betrekking tot die Namibiese dollar banknote te verifieer.

Die publiek word ook aangemoedig om die naaste polisiekantoor te nader en gevalle van vervalste banknote aan te meld.

“Dit is belangrik omrede die besit en of die vervaardiging van vervalste Namibiese dollars onwettig en strafbaar kragtens die wet is,” het Katoma verder gesê.

Volgens hom is die maklikste manier om ’n valse banknoot van ʼn egte banknoot te onderskei, om altyd te “kyk, te ondersoek en fisies te voel.”

Daar moet veral op die spesifieke sekuriteitskenmerke op die note gelet word soos byvoorbeeld die watermerk, die gehalte van die noot asook om seker te maak die twee reeksnommers wat op ’n noot verskyn, is dieselfde.