17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

22.12.2006

Vermaaklikheidspark open op Ongwediva

PRESIDENT Hifikepunye Pohamba het die Bennie's Entertainment Park op Ongwediva in die Oshana-streek, en die BH Shopping Complex op Eenhana in die Ohangwena-streek gelyktydig amptelik geopen tydens 'n seremonie wat op Ongwediva plaasgevind het.
Die twee projekte, met 'n totale waarde van N$37 miljoen, is die jongste toevoeging tot mnr. Ben Hauwanga se beleggings in die plaaslike ekonomie.
Die N$22 miljoen Bennie's Entertainment Park bestaan uit 'n konferensiesentrum, restaurante, swembaddens, mini-gholf vir gholf-liefhebbers, kinders se speelgrond, springkastele, 'n waterglybaan, ope- lug arena vir lewendige musiek-vertonings en geriewe vir sport soos tafeltennis, vlugbal en veerpyltjies. Daar is ook rondawels met 50 beddens en 'n kampeerplek.
Die swembaddens kan gebruik word om kinders te leer hoe om te swem en vir interskole kompetisies.
Daar is ook 'n mini-wildtuin waar wilddiere besigtig kan word. "Dit is 'n feit dat jongmense van hierdie deel van die land nog nooit wilde diere gesien het nie. Dit is daarom merkwaardig dat 'n mini-wildtuin ingevoeg is, nie net vir besoekers nie, maar ook vir opvoedkundige doeleindes," het mnr. Pohamba gese en "die inisieerders van die projek" bedank.
Die BH Shopping Complex op Eenhana, wat gelyktydig deur mnr. Pohamba geopen is, is 'n N$15 miljoen handelsentrum met sewentien winkels.
Mnr. Pohamba het 'n beroep op die sakegemeenskap gedoen om mnr. Ben Hauwanga se voorbeeld te volg. "Ek weet dat baie Namibiers handelaars wil word. Die probleem is egter die gebrek aan kapitaal vir klein en medium-grootte ondernemings. Dit is vir die rede dat ons Namibiese beleggers aanmoedig om plaaslik te belê. Dit beteken dat finansiële instelings die die nodige kapitaal aan beleggers teen mededingend koers moet voorsien," het mnr. Pohamba gesê.
Die burgemeester van Ongwediva, mnr. Erastus Uutoni, het sy dorp as "dinamiese en trillend" bestempel.
Volgens hom is die dorp van 25 000 inwoners teoreties ses kilometers van Oshakati geleë, maar in die praktyk is dit minder as 'n kilometer weg van Oshakati af.
"Die doelstellings van die Ongwediva-dorpsraad is om diens in 'n veilige en mededingende milieu te voorsien. Mnr. Ben Hauwanga se belegging is 'n welkome hupstoot vir die plaaslike ekonomie," het hy gesê.
"Dit is die gemeenskap se verantwoodelikheid om die park onderhou. Dit is nie mnr. Hauwanga se park hierdie nie. Dit is onse park. Indien ons dit verwaarloos sal dit swak op ons reflekteer. Die bestuur van die park moenie toelaat dat dit verwaarloos word nie. Ons verstaan dat daar 'n behoefte is om handel te dryf en ons waardeer die produkte wat smouse te koop aanbied, maar smouse sal beslis nie voor hierdie park toegelaat word nie. Geen toegewing daaroor nie," het mnr. Uutoni gese.
Volgens dr. Helena Ndume, 'n lid van die direksie van die park, het mnr. Ben Hauwanga op Tsumeb grootgeword en sy entrepreneurskap bewys toe hy op 'n jong ouderdom lekkernye aan sy skoolmaats begin verkoop het.
Mnre. Lazarus Uaandja, John Shaetonhodi en Mike Nesongano was die seremoniemeesters.
Die seremonie is deur vier musiek-groepe - Billa B en die Mighty Dreads van Namibie, die 4X4 Too Much Power van die DRK en die Gatos van Angola - vermaak.
- Mnr. Pohamba het ook tydens sy besoek aan die Noorde die Nedbank-sentrum op Oshikango geopen.
Die hoof van die Oukwanyama-stam, koningin Martha Mwadinomo, was die eerste persoon om 'n Nedbank-rekening op Oshikango te open.