SCORE CARD:


20 YEARS OF INDEPENDENCE

Vandag se koerant


Lesers 2010


Fotobeelde

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Advertensie

Market indicators


12 Maart 2010

Namibië vier 20 jaar


Kollig 11 Maart

Suiderland 9 Maart

DMH competition terms


Advertensie

Ons Argiewe

01.03.10

Drywer skiet homself ná vragongeluk in woestyn

03.03.10

Stem Namibies

02.03.10

Tiger Reef bly in branders se visier

28.02.10

Ruiterstandbeeld staan weer trots

01.03.10

Beesdief steel ’n tweede keer

3.07.2009

Telekommunikasie se prioriteite onder die loep

DIE ontwikkeling van die telekommunikasie-, pos- en inligtingkommunikasietegnologie- sektore staan sentraal in die ontwikkeling en integrasie van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC).

So sê die Minister van Inligting en Kommunikasietegnologie, mnr. Joël Kaapanda, wat onlangs die vergadering van SADC-ministers verantwoordelik vir telekommunikasie, pos en inligting tegnologie op Swakopmund geopen het.

“Die lewering van doeltreffende en doelmatige dienste wat aan universele standaarde van toeganklikheid en bekostigbaarheid voldoen, het die vermoë om ontwikkeling te stimuleer en SADClande te help om die millennium ontwikkelingsdoelwitte, insluitende die vermindering van armoede te verwesenlik,” het Min. Kaapanda gesê.

Die doel van die vergadering op Swakopmund was om ontwikkelingprioriteite te stel wat die groei van die sektor moet verseker en sodoende die digitale agterstand moes uitwis en inwoners van die SADC-streek die geleentheid gee om deel van die inligting gemeenskap te word.

Volgens min. Kaapanda is die kwessie van die SADC tuis en weg swerfdiens (roam service) op die sakelys sedert 2007. Vordering is reeds gemaak en ’n streekalliansietaakspan is tot stand gebring om die ini s iat ief aan t e spoor. Min. Kaapanda het die hoop uitgespreek dat dit teen vroeg 2011 ’n werklikheid kan word.

Nog ’n prioriteit vir die streek is die sogenaamde e-SADC-inisiatief wat lidlande moet help om inligting en kommunikasietegnologie-infrastruktuur, dienste en aanduiders te harmoniseer.

Voorts moet dit streekekonomiese integrasie, die verbetering van verbindings en toegang tot inligtingkommunikasietegnologiediens onderling en in SADC-lidlande bevorder.

“Die belangrikheid van hierdie inisiatief kan nie oorbeklemtoon word nie en alles moontlik moet ingespan word om te verseker dat die studie en die implementering daarvan so gou as moontlik plaasvind. Sommige lidlande insluitende Namibië, sukkel nog met die migrasie van analoog na digitale uitsendings. Namibië se suidelike buurland (Suid-Afrika) het onlangs die eerste land geword om van analoog na digitale uitsendings oor te skakel. Die oorskakeling was nie sonder hoofbrekens nie,” het min Kaapanda gesê.

Hy sê voorts hy is bemoedig deur ’n voorstel dat SADC 2013 as afskakeldatum aanvaar en 2014 kan gebruik om struikelblokke uit die weg te ruim sodat die streek gereed sal wees vir die universele oorskakeldatum van 2015.

Hy het die hoop uitgespreek dat al die lidlande ernstige oorweging sal skenk aan die kwessie van belastingverminderings of kwytskeldings op die dekodeerders wat nodig sal wees om die digitale sein na die analoog-sein oor te skakel vir diegene wat analoog TV-stelle het.

Sodoende sal verbruikers bewus gemaak word van die begrip wat regerings met die onbeplande uitgawes het veral in ’n tyd waar hulle die knyp van die wêreld ekonomiese krisis gevoel word.

“Met die FIFA Wêreldbeker Sokkertoernooi net 11 maande ver en bewus van die stremming dat die invloei van sokkerentoesiaste op die bestaande kommunikasienetwerke in die streek sal plaas, is dit jammer dat die langtermyn strategie van die SADC-streek inligtinginfrastruktuurprojek steeds net 80 persent geïmplementeer is.

Ons hoop dus dat die werksgroep van die Suider-Afrikaanse Telekommunikasie Vereniging (SATA) reg sal laat geskied aan die SATA mimimun netwerk, wat met voltooiing al sy lede onderling sal verbind en elke lid met die verskillende ondersese kabelstelsels sal verbind. Toegang tot breëband dienste is ’n voorvereiste vir lidlande om deel van die inligtinggemeenskap te word,” het Min. Kaapanda gesê.

Posdienste gaan voort om ’n ondersteuningsrol in kommunikasie en die lewering van noodsaaklike dienste aan al die sektore van die streekekonomie te speel. Die globale omgewing dwing posdienste om hervormings in te stel wat op die verbetering van gehalte gemik is en om nuwe dienste in te stel om ’n lewensvatbare rol te speel.

Min. Kaapanda het ook besonderhede verskaf oor waar Namibië met inligtingkommunikasie-tegnologie staan. Namibië se Visie 2030 plaas inligtingkommunikasie-tegnologie op die voorgrond van ontwikkeling met die doel om die land tot ’n nywerheidsland en inligting gegronde samelewing te ontwikkel.

Visie 2030 sien inligtingkommunikasie-tegnologie as die fondament van die ekonomie teen 2030. Een van die eerste hervormings was om die gefragmenteerde kommunikasiesektor saam te voeg onder die sambreel van die Ministerie van Inligting en Kommunikasietegnologie.

’n Strategiese plan is opgestel vir die volgende vyf jaar wat tot meer vryheid in die sektor en groter mededinging sal lei.

In die nuwe inligtingkommunikasie-wetsontwerp word die weg gebaan vir ’n onafhanklike regulerende owerheid, ’n nuwe aanslag tot lisensiëring, die instelling van ’n universele diensfonds en die instelling van mededinging in die sektor. Dié wetsontwerp word tans in die Nasionale Vergadeing bespreek.