Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


3 Februarie 2012

Jaaroorsig


Bruidspaarkompetisie in volle swang


Kollig 26 Januarie

Die Weer


Videonuus


Himba tradisionele danse

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Pa in stryd om kindertoesig

Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.07.2009

Taakmag vir beleggingstrategie

DIE Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI) het tydens sy algemene jaarvergadering verlede week ‘n taakmag gekies om ‘n buitelandse beleggingstrategie aan te spreek.

Ander kwessies wat tydens die algemene jaarvergadering bespreek is, is die impak van die huidige ekonomiese krisis waaroor daar ‘n groot behoefte is aan nasionale terugvoer.

“Ons het konkrete strategieë nodig om die kwessie te bespreek,” sê die NCCI. Die NCCI spreek sy waardering uit teenoor die Minister van Handel en Nywerheid, dr. Hage Geingob wat dié taakmag lei.

Die spoedige implementering van swart ekonomiese bemagtiging is ook bespreek en was ook ‘n subtema by die sakeberaad. Die proklamasie van Oranjemund moet bespoedig word.

“Die dorp se groei en ekonomiese potensiaal sal grootliks voordeel hieruit trek. Daar is reuse-geleenthede vir beleggers.”

Die NCCI is bekommerd oor die verhoogde misdaadgolf wat besigheidsaktiwiteite treiter. “Ons doen ‘n beroep op polisiestreekafdelings van die Khomas-, Oshana- en Erongo-streek, asook die Windhoekse stadspolisie om die misdaadgolf tromp-op te loop.”

Volgens die NCCI het die hoë vlak van werkloosheid dringend aandag nodig voor dit in ‘n nasionale katastrofe ontaard. Om in kleinmedium- ondernemings (SME’s) te belê, is wêreldwyd as die oplossing bewys, sê NCCI.

Die NCCI meen ook dat produsente in die boerderybedryf deur die Regering ondersteun moet word.

“Hulle moet nie noodwendig beskerm word nie, maar ‘n raamwerk is nodig wat internasionale handelaars wat in Namibië handel dryf, dwing om plaaslike produkte aan te koop.”

Volgens die NCCI bestaan ‘n groot behoefte dat besigheidstrategieë vir spesifieke markte soos onder onder meer Angola geformuleer moet word. MIV/vigs is ook bespreek en die NCCI meen dit is ‘n groot uitdaging vir produktiwiteit en langtermyn ekonomiese groei.

Die taakmag wat aangestel is vir ‘n buitelandse beleggingstrategie bestaan uit mnre. Leake Hangala, Indila Edwards, Harald Schutt, Vaino Shivute, Robby Amadhila en mee. Inge Zaamwani Kamwi, Joan Guriras en Kauna Ndilula.