Staatseffekte ‘veilige hawe’

MET die internasionale ekonomie wat om die minste te sê onstuimig en onvoorspelbaar is, draai al hoe meer beleggers na staatseffekte omrede hulle dit as ?n veilige hawe sien.

Volgens ?n ontleder van Simonis Storm Securities, mnr. Romé Mostert, is staatseffekte vaste rentedraende effekte.

?In sy mees basiese vorm (plain vanilla) belowe dit om vir ?n sekere aantal jare ?n stroom van halfjaarlikse betalings te maak en dan die leningsbedrag aan die einde van die termyn terug te betaal.

?Maar basies is dit ?n kontrak tussen die belegger en die lener (in die geval die staat) en kan dit in enige vorm wees.?

Staatseffekte is redelik maklik beskikbaar van enige finansiële diensverskaffer, het Mostert aan Republikein verduidelik.

Volgens hom sal die risiko van staatseffekte of enige ander vaste rentedraende effekte afhang van die land of maatskappy se kredietwaardigheid.

?Faktore wat tipies die kredietwaardigheid beïnvloed, is die regering se vermoëns (ekonomiese risiko) om die terugbetalings te maak asook die regering se gewilligheid (politieke risiko) om die terugbetalings te maak.

?Die veranderlikheid van die belegging gaan hoofsaaklik van die kredietgradering afhang.

?Die besluit oor hoeveel aandele en hoeveel effekte in jou portefeulje moet wees, hang van elke belegger se situasie, risikoprofiel en oorlewingsdoelwitte af. Aandele en effekte het verskillende eienskappe wat elk vir verskillende doeleindes meer toepaslik is. Een is dus nie noodwendig beter as die ander nie,? het Mostert gesê.

?Om terug te kom na die relatiewe prestasie: die relatiewe prestasie van effekte teenoor aandele hang van die ekonomiese klimaat af.

?Die norm is dat aandele beter sal presteer gedurende sterk ekonomiese groei, terwyl effekte sal presteer wanneer die ekonomie begin stadiger groei of in ?n resessie gaan.

?Hoër inflasie is weer beter vir aandele, terwyl ?n verwagte afname in inflasie beter vir effekte is,? het hy verder verduidelik.

Die somme is egter nie so eenvoudig nie, aangesien ander faktore in ag geneem moet word.

Mostert sê buitelandse beleggers speel ?n groot rol in ons finansiële markte en uit hul oogpunt is die land effekte nie risikovry nie.

?Daarom is ons staatseffekte ook ?n funksie van internasionale beleggingsentiment. Die sentiment beïnvloed ook Namibië se aandeelmarkte en daarom is die ooreenkomste (ofte wel risiko en opbrengs) tussen aandele en effekte soms sterker as wat mens dink,? het gesê.

Op ?n vraag oor hoe die internasionale skuldkrisis ?n invloed op Namibiese staatseffekte het, het Mostert geantwoord: ?Die ekonomiese skuldkrisis plaas ?n demper op beleggingsentiment en daarom is beleggers meer risiko bewus. Aangesien ons effekte en geldeenheid relatief riskant is vanuit die internasionale belegger se oogpunt, is ons effekte baie meer wisselvallig as normaalweg.?

Mostert meen die tipiese effektehouer verkies gewoonlik minder wisselvalligheid en ?n konstante inkomstestroom en dat veranderlikheid dus baie negatief vir die mark is.

?Slegte internasionale ekonomiese nuus lei tot ?n swakker verbandsmark.

?Terselfdertyd veroorsaak die ekonomiese skuldkrisis dat veel meer geld in finansiële markte belê word sodat die ekonomie so stabiel as moontlik moet bly. Die aansporing maak dat meer geld aantreklike beleggingsmoontlikhede in ontluikende markte (insluitend Suid-Afrika en Namibië) najaag en dit maak ons effektemark heelwat sterker.

?Die uiteinde van die ekonomiese skuldkrisis op ons effekte hang dus af van watter een van die scenario?s die sterkste gaan wees en dit is feitlik onmoontlik om te sê.?

Kategorie: