17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.02.2012

Staat se skuld van die laagste in wêreld



NAMIBIË se regeringskuld het in Januarie tot N$16,479 miljoen teenoor Desember se bedrag van N$16,029 miljoen gestyg. Volgens Capricorn Investment Holdings se groepekonoom, mnr. Rowland Brown, was die toename in skuldvlakke om die Regering se Geteikende Ingrypingsprogram vir Werkskepping en Ekonomiese Groei (TIPEEG) te finansier. TIPEEG is die land se ambisieuse plan om meer as 100 000 werkgeleenthede oor die volgende drie jaar te skep.

Brown sê plaaslike skuld vlakke is besig om die vlak van 20 persent van die bruto binnelandse produk (BBP) te nader waarna dit na beraming tot ongeveer 30% van die BBP aan die einde van die mediumtermyn ekonomiese raamwerk (MTEF) sal toeneem.

Die totale buitelandse skuld is in die omgewing van N$7 miljard, ná die uitreiking van euro staatseffekte in Oktober wat die totale skuldlas van die land op N$23,5 miljard (ofte wel 24 persent van die land se BBP) te staan bring.

“Selfs met skuldvlakke tussen 25 tot 35 persent bly Namibië een van die lande in die wêreld waar staatskuld teenoor die BBP die laagste is,” het Brown Vrydag gesê. “Met dit gesê, sal die ‘maklikheid’ van terugbetaling grootliks van plaaslike groei afhang. Dit kan groei wees wat in 2012 weens wêreldwye faktore (hoofsaaklik die Europese skuldkrisis) ietwat gedemp kan wes.

“Dit moet wel bygesê word dat die meerderheid van terugbetalings van plaaslike skuld nie in 2012 reeds betaalbaar word nie. Die GC12 is die enigste effekte wat in Oktober vanjaar betaalbaar word, met ’n bedrag van net minder as N$1,4 miljard.”

Volgens Brown presteer die Namibiese euro-staatseffekte steeds taamlik goed met opbrengste van net onder 5,2 persent, beduidend laer as die koeponkoers van 5,5 persent, wat daarop dui dat daar ’n taamlik sterk aanvraag na die betrokke effekte is.