|
Republikein
|
|
Vandag se koerant
Vandag se Spotprent Market indicators Bruidspaarkompetisie in volle swang Kollig 2 FebruarieDie Weer
Videonuus Finse universiteit skenk voertuie Videonuus Die onkruid waai op Nkurenkuru Videonuus Advertensie Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae |
12.03.2010 Slim is nou bo, sê Forbes![]() Van links is Carlos Slim; die stigter van Microsoft, Bill Gates; en die Wall Street belegger, Warren Buffet.
DIE Meksikaanse magnaat, Carlos Slim (70), het die stigter van Microsoft, Bill Gates, sy boonste sportjie van Forbes se ranglys van die wêreld se rykste miljardêrs ontneem. Volgens die gewilde tydskrif word sy fortuin op US$53,3 miljard geskat, ongeveer N$395 miljard.
Mnr. Slim het voorheen die derde plek op die gesogte ranglys beklee, maar die sukses van America Movil, Latyns-Amerika se grootste selfoonoperateur, het hom die eerste plek verseker. Mnr. Slim is ook baie bekend vir sy gebrek aan vertoonsug en aggressiewe beleggings gedurende die finansiële krisis. “Tydens ‘n krisis, soos die van verlede jaar, belê hy meer terwyl ander mense ophou. Die uitslae was nog altyd goed gewees,” het mnr. Arturo Elias Ayub, skakelbeampte vir mnr. Slim se Telmex-groep tydens ’n onderhoud gesê. Op die foto verskyn sewe van die wêreld se rykste miljardêrs. ![]() V.l.n.r. die hoof uitvoerende beampte van Oracle, Lawrence J. Ellison; die hoof van die Franse weeldegroep, LVMH, Bernard Arnault; die eienaar van die Zara-klerereeks, Zara Amancio Ortega; en die voorsitter en besturende direkteur van Reliance Industries, Mukesh Ambani. Nampa en AFP |