17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

20.01.2012

Shoprite spog met hoë omset

KAAPSTAD. – Die Shopritegroep het goeie nuus so vroeg in die jaar: sy verkope het in die tweede helfte van verlede jaar goed verstewig.

“Ons het in die feestyd sterk omsetgroei behaal. Slegs in Desember het verkope met 15,5% teenoor die vergelykende maand in 2010 gestyg. Dit is deur ’n stewige toename in die vraag na algemene handelsware ondersteun,” sê mnr. Whitey Basson, uitvoerende groephoof.

Die groep het Checkers, House & Home, OK en Shoprite in sy stal.

Die omset het in die ses maande met 13,2% tot R41,1 miljard gegroei. Vir dieselfde winkelgroep in die ooreenstemmende tydperk in 2010 is die omset 8% hoër.

Die verkope in die Suid-Afrikaanse supermarkte was 12,3% hoër (6,8% op ’n vergelykbare grondslag). Interne voedselinflasie in die ses maande was gemiddeld 5% teenoor die amptelike voedselinflasie van ’n geraamde 9%.

Die supermarkte buite Suid- Afrika het sterk omsetgroei van 21,2% behaal teen die agtergrond van die verswakking van die rand teenoor die geldeenhede van die meeste ander Afrikalande.

Op ’n vergelykbare grondslag was die omset 13,9% hoër en teen konstante geldeenhede het dit in randterme met 16,9% gestyg.

Volgens Basson kan die bogemiddelde groei ook aan nuwe winkels in Angola en Nigerië toegeskryf word.

Die meubelafdeling – “’n sektor wat kwaai deur die ekonomiese afswaai geraak is” – het besonder goed gevaar, met omsetgroei van 13,6%. “Die groei het hoofsaaklik gekom van die OK Furniture-ketting, wat veral op die laer kant van die mark fokus,” sê Basson.

Sake 24