
SGA Chartered Accountants & Auditors, ‘n geoktrooieerde rekenmeestersmaatskappy in Windhoek, het 30 komberse aan Dagbreek-skool se kinders geskenk. Tweede van links agter verskyn die rekenmeesters en ouditeure, Yolanda Corbett, Stuart Eksteen, Elke Hole, Michael Stoffberg, Priscilla van Wyk, Hennie Fourie en Lirina Louwrens saam met sommige van die leerlinge.