Selfoontorings strategies geplaas

TEGNOLOGIESE vooruitgang in die hoofstad is moontlik, maar teen ?n prys en inwoners van veral Bowker Hill en Eros is bekommerd oor die gesondheidsprobleme wat selfoontorings kan inhou.

MTC het met ?n tweede voorstel vorendag gekom nadat inwoners hul bekommernis oor die oprigting van selfoontorings in hul woonbuurte uitgespreek het.

Volgens mnr. Brand van Zyl van Urban Green wat deur MTC aangestel is, word aangevoer dat in plaas van ?n enkele 15 meter toring, drie afsonderlike torings van 4 meter elk opgerig word.

?Dit sal strategies langs Bowker Hill geleë wees en die torings sal aan die ooste-, weste-en suidekant geplaas word,? het hy Donderdagaand tydens ?n openbare vergadering gesê.

Die motivering vir die oprigting van hierdie torings kom ná talle klagtes aan MTC oor beperkte en onbetroubare sein, veral in hierdie gebiede.

?Vanweë die groei in aanvraag kan die huidige infrastruktuur nie die kapasiteit hanteer nie,? het Van Zyl erken. Die oprigting van die bykomende torings sal optimale sein bied.

Volgens belanghebbendes wat die vergadering bygewoon het, is gesondheidsprobleme ?n groot probleem wat aandag moet kry, maar terselfdertyd moet ook na die sein van MTC-verbruikers gekyk word.

?Indien drie torings opgerig word, sal die sein mos oorvleuel en dan word inwoners nog meer aan bestraling blootgestel,? het ?n bekommerde inwoner gesê.

Volgens ?n ander inwoner het hy ?n week gelede ?n twee jaar kontrak vir internettoegang uitgeneem. ?Die sein is so swak dat die internet die heeltyd afskakel. MTC het my nou ook ingelig dat ek nie die kontrak kan kanselleer nie. Nou betaal ek vir ?n diens wat ek nie tot die maksimum potensiaal kan gebruik nie, omdat die sein nie voldoende is nie,? het hy gesê.

Van Zyl het aangedui dat die projek aan die internasionale standaarde van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) voldoen. ?Die blootstelling van die bestraling sal binne die uiteengesette limiete val,? het hy gesê.

Vir talle belanghebbendes was dit steeds nie wat hulle wou hoor nie. ?MTC kyk net na die korttermyn effekte van bestraling en glad nie na die langtermyn effekte nie,? het ?n inwoner aangevoer.

Die volgende soortgelyke vergadering sal op 19 Januarie plaasvind.

MTC moes met ?n ander voorstel vorendag kom nadat die munisipaliteit verlede Desember besluit het dat die toring by Bowker Hill moet verskuif.

Volgens vroeër berigte het sowat 400 belangstellendes verlede jaar ?n petisie onderteken en die munisipaliteit het ?n moratorium teen die oprigting van torings uitgereik.

Tog is die torings opgerig nadat bevind is dat die inwoners se klagtes ongegrond was. ?Geldige bewyse kon nie gevind word dat die torings skadelik vir die inwoners se gesondheid gaan wees nie,? het die berig gelui.

Kategorie: