17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.01.2012

Selfoontoring: plan maak steeds opslae

TALLE inwoners van Ludwigsdorf het Donderdag opnuut hul misnoeë oor MTC se beplande Bowker Hill selfoontoring verklaar omdat glo nie aandag aan hul klagtes gegee word nie.

“Ná die eerste voorstel was die area waar die torings opgerig word en die gesondheidsimpak die grootste probleme wat deur die inwoners ondervind is. Nog geen van hierdie kwessies is aangeroer nie,” het ’n ontstoke mnr. Klaus Brand tydens die openbare vergadering gesê.

Eers is ’n 15 meter hoë paal voorgestel en die inwoners het toe al daarteen kapsie gemaak. Volgens Brand bied Bowker Hill ’n natuurskone area met pragtige uitsigte wat veral deur toeriste en avontuurlustiges geniet word.

Tydens beide openbare vergaderings, in Desember en verlede week, is ’n alternatiewe voorstel bespreek van drie kleiner pale wat gekamoefleer word.

“Niemand het na ander gebiede gaan kyk nie, omdat Bowker Hill na die beste opsie lyk. Dit sal moontlik goedkoper wees om dit daar op te rig,” het hy gesê.

Inwoners is bekommerd oor die hoeveelheid bestraling waaraan hulle blootgestel gaan word indien die selfoontoring opgerig word.

Een inwoner het uitgewys dat huishoudelike items soos mikrogolwe en televisies ook tot bestraling kan bydra. “Ek is ’n ‘gamer’ en gebruik daarom die internet baie. Dit is ’n frustrasie as ek die heeltyd afgesny word,” het hy gesê.

Sy opmerking oor wydverspreide bestraling is deur ene me. Nujoma van die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste beaam.

Volgens haar moet die kwessie van omgewingsbewaring nie tot die uiterste gevoer word nie. “Dit kan ’n vertraging in die ontwikkeling van tegnologie meebring,” het sy gesê.

Geen konkrete bewys is al voorgelê oor die gesondheidsimpak van die selfoontoring nie. “Op die oomblik word net geld bestee om die area te bewaar, wat ontwikkeling stuit.”

Brand het hewig daaroor geargumenteer. “Die tegnologiese ontwikkeling sal skynbaar net die ‘gamers’ en YouTube kykers baat,” het hy vies gesê.