|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Suiderland 15 MeiKollig 10 MeiDie Weer
|
20.08.2010 Sakelui verras President![]() Die Namibiese President, mnr. Hifikepunye Pohamba, kon nie glo dat ‘n verrassingspartytjie ter viering van sy 75ste verjaardag vir hom gehou is nie. Die Eerste Minister, mnr. Nahas Angula en die voorsitter van die Nasionale Raad, mnr. Asser Kapere, het sy verbasing terdeë geniet.
DIE President van Namibië is op sy 75ste verjaardag deur die sakegemeenskap van Namibië op ‘n verrassingspartytjie trakteer.
Mnr. Hifikepunye Pohamba was ooglopend verbaas toe hy by die banketsaal van Staatshuis instap en deur ‘n skare met die lied “Happy Birthday to You” begroet is. Die President is met die hulp van sy eggenote onder die indruk gebring dat sy hare in die banketsaal gesny sou word. Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid het die verrassingspartytjie georganiseer en die president van dié organisasie, me. Martha Namundjebo-Tilahun, het gesê dit is so gedoen om die President vir sy harde werk en diens aan die land te bedank. Sy het na die aanwysing van die President as voorsitter van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap verwys en gesê die sakegemeenskap van Namibië staan bankvas agter mnr. Pohamba. “Mnr. Pohamba kan uitmuntende samewerking van die private sektor van Namibië in die volgende twaalf maande verwag. Die partytjie is gehou om mnr. Pohamba vir die skepping van ‘n uiters voordelige sakeklimaat in Namibië te bedank.” Die Vader van die Nasie en stigterspresident, mnr. Sam Nujoma, en die Eerste Minister, mnr. Nahas Angula het ook ‘n kans gekry om mnr. Pohamba met sy geboortedag geluk te wens. Mnr. Angula het die gaste gevra om die volkslied te sing en om weer die verjaardaglied te sing. Hy het ook die President vir sy harde werk en diens bedank. Mnr. Angula het daarop gewys dat sy verjaardag oor die naweek plaasvind en dat hy nie so maklik soos die President verras word nie. Mnr. Nujoma het ‘n staaltjie uit die Vryheidstryd vertel en gesê mnr. Pohamba het by vele geleenthede verskeie gevare trotseer en gesê dat die geboortedag van ‘n volksheld herdenk word. Toe mnr. Pohamba uitvind dat sy eggenote ‘n aandeel in die verrassing gehad het, was hy baie verbaas. Hy het ook in ‘n stadium sy lyfwagte laat les opsê omdat hulle hom om die bos gelei het. Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak. |