|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Suiderland 15 MeiKollig 10 MeiDie Weer
|
23.08.2010 Sake groei deur netwerkgeleentheid![]()
HOEWEL Namibië ’n klein ekonomiese speler in die wêreld is vanweë beperkte hulpbronne en vaardighede, is die Namibia Business Drive (NBD) van mening dat die land oor alle middele beskik om enige produk of diens te voorsien. Namibiese besighede kan bydra om die bestaande werkloosheidsyfer te verminder en selfvolhoubare entiteite te word wat in ander Eerstewêreldlande kan wedywer.
Die NBD is deur sakelui in Namibië begin met die doel om netwerkgeleenthede te verbeter en terselfdertyd ’n bemarkingsplatform vir alle besighede landwyd te skep. Vyftien organiserende besigheidsvennote (foto) is die dryfkrag agter die inisiatief, naamlik Labour Skills Solutions, Starlite Wholesale, Starlite Retail, Energy 100 FM, G4S, Who’s Who of Namibia, Billboard News Press, Bonlife, Business Risk Solutions, Karnic Distributors, Aqua Angel, Kanaal 7, First National Bank, IT Dot Com cc en Greg’s Motor Spares. Twee sakegeleenthede word jaarliks tydens Februarie en Augustus in Windhoek aangebied. Die eerste NBD in Februarie is as ’n groot sukses beskou met net positiewe terugvoer wat daaroor ontvang was. Netwerk- en bemarkingsgeleentheid het ná die geleentheid in Februarie daartoe gelei dat die vyf organiserende vennote tot 15 vennote vir die Augustus-geleentheid aangegroei het. Eienaars en bestuurders van verskeie maatskappye word deur die organiserende sakevennote na die NBD-geleentheid genooi en produkte en dienste word aan hulle bekendgestel. Nuwe rolspelers ontmoet dus en dit bied die geleentheid om verskeie dienste te ontdek wat deur die teenwoordige besighede aangebied word. Dit word ook beoog om die geleentheid volgende jaar na Swakopmund uit te brei. Die sakegeleentheid vir Augustus sal oor drie dae gehou word waartydens die organiserende vennote pryse ter waarde van sowat N$500 000 sal weggee om hul produkte en dienste te bevorder. |