|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Suiderland 15 MeiKollig 10 MeiDie Weer
|
2.02.2012 SA se Draught-droogte verbyDIE grootskaalse tekort aan Windhoek Draught en Windhoek Lager wat oor die feesseisoen in Suid-Afrika ervaar is, is finaal iets van die verlede. Die voorraad van Windhoek Draught in 440 ml-bottels en in blikkies het onverwags gedurende die piektyd van die feesseisoen in Suid-Afrika vanweë ’n buitengewoon sterk aanvraag opgeraak. Windhoek Light en die tapbier van die Draught is egter nie deur die tekort geraak nie.
Me. Patricia Hoeksema van Namibië Brouerye (NBL) het aan Republikein gesê die maatskappy is spyt oor die tekorte wat gedurende die Desember periode ervaar is en het verskoning aan sy Suid-Afrikaanse kliënte gevra. “Ons moet egter erken dat die groei in volume wat ons die afgelope maande in die RSA ervaar het, ons projeksie by verre oortref het en dus kon ons nie voldoende voorraad gedurende veral 2011 lewer nie,” het Hoeksema gesê. Sy het egter die versekering gegee dat die situasie tot daadwerklike optrede gelei het. “Ons het hulpbronne ontplooi en het groot belê in die verbetering van ons produksiekapasiteit. “Dit is om hierdie rede dat ons volle vertroue het dat so ’n tekort nie in die nabye toekoms geredelik weer sal voorkom nie,” het Hoeksema gesê. Oor NBL se vooruitsigte vir 2012 het Hoeksema gesê die maatskappy is optimisties oor die toekoms van sy bedrywighede in Namibië. “As deel van die Olthaver & List maatskappyegroep het ons onlangs begin om die pad na 2012 aan te pak en het ons bepaalde doelstellings as deel van ons tema ‘Purpose of Creating a Future, Enhancing Life’ geïdentifiseer,” het sy gesê. |