17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.01.2012

Só werk lugrederye se koolstofbelasting



DIE instelling van koolstofbelasting op lugrederye wat in die Europese Unie (EU) opstyg en land sal ’n direkte styging in die prys van vliegkaartjies tot gevolg hê.

Hierdie nuwe belasting is sedert 1 Januarie vanjaar reeds van toepassing en die eerste betalings begin in Januarie 2013 gebaseer op geverifieerde verslagdoening van lugdienste in 2012.

Die koolstofbelasting behels dat lugdienste permitte vir koolstofuitlatings bo ’n sekere perk sal moet koop.

Die Internasionale Lugvervoervereniging (IATA) beraam dat die aanvanklike koste van die EU se Emissions Trading Scheme (ETS) vir 2012 tot €900 miljoen en tot €2,8 miljard in 2020 kan styg.

IATA se vooruitskatting is gebaseer op ’n koolstof-permit prys van €13 per ton vir 2012 (effens minder as die €13,96 gemiddelde prys in 2011 vir krediete wat in Desember 2012 verval), wat tot €20 in 2020 sal styg. Die koers vir veilingsvlakke vir beide vooruitskattings is 15%.

Volgens lugvaartkenners sal die langtermyn voorspelling ’n beduidende kans op hoër vlugkoste inhou.

“Byvoorbeeld, Bloomberg New Energy Finance se beraming is ’n koolstof-permit prys van €51,90 in 2020, wat daartoe aanleiding sal gee dat die kostelas tot €6,9 miljard sal toeneem.

“Ervaring in ander bedrywe dui daarop dat veilingsvlakke voortdurend toegeneem het,” het ’n woordvoerder van IATA gesê.

“Ek het nog nie spesifieke getalle gesien van die impak wat die belasting op Afrika-lugrederye sal hê nie, maar ’n studie deur OAG (’n ontleder van die lugrederybedryf) wat verlede week gepubliseer is, voorspel dat dit sal lei tot aansienlike verhogings in tariewe vanweë die koolstof-belasting teen ’n bykomende koste van sowat 3% per passasier.”

Volgens hom het elke lugredery wat na, uit en binne die EU vlieg, reeds ’n assessering voltooi gebaseer op minstens een jaar se data wat tydens hul onderskeie vlugte ingesamel is.

Hierdie data sluit onder meer besonderhede in van die vliegtuie en enjins wat op ’n spesifieke roete gebruik word, die brandstofverbruik op ’n roete, afstande gevlieg en die tydsduur waarin ’n roete afgelê is.

Hy het verder gesê Air Namibia se beoordeling moes reeds aan die Duitse owerhede voorgelê word tesame met ’n plan wat verduidelik hoe die lugredery sy koolstofuitlatings op ʼn deurlopende grondslag gaan kontroleer.

Duitsland is die owerheid aan wie Namibië moet rapporteer vanweë die feit dat dit die enigste Europese bestemming is waarheen Air Namibia tans vlieg.

Die lugvaartbedryf het reeds hul teenkanting teen die koolstofbelasting uitgespreek met vier Chinese lugdienste, insluitend Air China, wat aangedui het dat hulle volstrek sal weier om die belasting te betaal.

Ook Amerikaanse lugdienste het hul verset teen die belasting te kenne gegee.

Hierdie rederye voer onder meer aan dat lugrederye wie se basisse ver van Europa geleë is, buite verhouding deur die ETS gepenaliseer word.

Die EU het egter gewaarsku dat lugdienste wat nie die koolstofbelasting betaal nie, toegang tot die EU verbied sal word.

Teen druktyd gister het Air Namibia nie op navrae van Republikein gereageer nie.