|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Suiderland 15 MeiKollig 10 MeiDie Weer
|
2.02.2012 Rio sê ja vir ChineseDIE Rio Tinto myngroep het gister die China Guangdong Nuclear Powergroep (CGNPC) se aanbod vir al sy aandele in Kalahari Minerals aanvaar. CGNPC, wat die aanbod tesame met China-Africa Development Fund gemaak het, wil Kalahari koop vir sy 47,2% aandeelhouding in Extract Resources, wat die Husab uraanprojek besit. Die Husabmyn word as die tweede grootste uraanmyn ter wêreld beskou.
CGNPC het aangedui dat dit ’n opvolgaanbod vir Extract sou maak indien die aanbod om minstens ’n 50% belang in Kalahari aanvaar word. Dit is algemeen verwag dat Rio aan die Chinese aanbod vir Kalahari Minerals sou toegee, wat die waarde van die myngroep, wie se fokus grootliks op Namibië gerig is, op sowat U$990 miljoen plaas. Hoop op ’n teenaanbod het vervaag, veral nadat Rio verlede jaar ’n aanbod vir die Kanadese uraanprospekteerder Hathor gemaak het. Dit is egter onduidelik of Rio Tinto, eienaar van die Rössingmyn wat langs Husab geleë is, ook sy 14,2% belang in Extract sal verkoop indien ’n Chinese aanbod vir daardie aandele gemaak word. Rio het in ’n verklaring gesê ’n besluit oor so ’n aanbod vir Extract sal “ter gelegener tyd” geneem word. Bronne vertroud met die kwessie het vroeër gesê Rio sou tot die Extract-aanbod instem, maar dat die maatskappy dit oorweeg om sommige van sy Namibiese uraanbates in ’n gesamentlike onderneming met die Chinese maatskappy saam te smelt. Husab is potensieel die tweede grootste uraanmyn ter wêreld en Rio Tinto het reeds gesprekke met Extract aangeknoop om sy naburige Rössingmyn, die wêreld se oudste aktiewe oopgroef-uraanmyn, met die Husabmyn te kombineer. – Nampa/Reuters |