17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.02.2010

Repokoers vir eers onveranderd

© Republikein
Mnr. Tom Alweendo
DIE Bank of Namibia het gister ekonome se voorspellings bevestig toe mnr. Tom Alweendo, president van die bank, aangekondig het dat die repo koers vir eers onveranderd op sewe persent sal bly.

Mnr. Alweendo wou terselfdertyd geen kommentaar oor Absa se moontlike oorname van Capricorn Investment Holdings lewer nie.

“Geen formele aansoek is nog aan ons voorgelê nie, gevolglik kan ek nie kommentaar daaroor lewer nie.”

Mnr. Alweendo het in sy aankondiging daarop gewys dat hoewel daar sterk tekens is dat die wêreldekonomie moontlik herstel het, die herstel nie vir alle lande geld nie.

“Baie Europese lande soos Portugal en Griekeland, sukkel nog met hoë syfers van werkloosheid, maar oor die algemeen is dinge besig om beter te lyk,” volgens mnr. Alweendo.

Die VSA se ekonomie het egter in die vierde kwartaal van 2009 met 5,7 persent versterk, terwyl China se ekonomie met ’n allemintige 10,7 persent gegroei het. Suid-Afrika se ekonomie het ook met ’n groei van 3,2 persent bevestig dat hy nie meer in ’n “tegniese resessie” is nie.

As gevolg hiervan het die Internasionale Monetêre Fonds voorspel dat die wêreld se ekonomie in 2010 met byna vier persent kan verbeter. Op plaaslike vlak het die Namibiese ekonomie verlede jaar met ongeveer een persent gekrimp.

Die geskatte inkrimping was hoofsaaklikas gevolg van ’n swak vertoning in uitvoer-geörienteerde subsektore, soos minerale en toerisme.

“Ons verwag egter dat die land se ekonomie hierdie jaar met 4,2 persent sal verbeter as gevolg van herlewing in die myn- en steengroefsektor en konstante sterk vertonings in die konstruksiesektor.”