17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.02.2010

Rentekoers: Die vraag op almal se lippe

NAMIBIËRS wag in spanning om vandag te hoor of die Bank of Namibia (BoN) rentekoerse gaan verlaag, verhoog of dit onveranderd gaan laat.

Die reserwebank in Suid-Afrika het vroeër vanjaar geen geskenke aan verbruikers gegee nie toe me. Gill Marcus, president van die bank, aangekondig het dat die rentekoers onveranderd op sewe persent sal bly. Die besluit is geneem weens die opwaartse risiko’s vir inflasie.

Suid-Afrikaanse ekonome voorspel ook dat dit die res van die jaar so sal voortduur. Volgens mnr. Ian Erlank, hoof: portfoliobestuur by Capricorn Investment Holdings, is die algemeene verwagting dat rentekoerse in Namibië ook onveranderd op tien persent sal bly.

“Die hoofrede hiervoor is dat ons private sektor kredietverlening ‘n baie gesonde en stabiele syfer is. Ons voorsien ook geen drastiese verandering in inflasie nie en sal verwag dat aangesien monetêre beleid 12 tot 18 maande duur om deur te syfer na die ekonomie, die laaste twee afwaartse aanpassings (1 persent in April 2009 en 0,5 persent in Mei 2009) nog finaal na die ekonomie moet deurwerk.”

Die repokoers is in Desember verlede jaar met 50 basispunte verminder.