Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

11.03.2010

Rekeningkunde as loopbaan

© Francios Olivier

STUDENTE in rekeningkunde het vandeesweek tydens Namibië se eerste Nasionale Rekeningkunde- beroepskou die geleentheid gehad om van nader kennis te maak met die verskillende beroepe wat op hierdie gebied gevolg kan word.

Die Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters van Namibië (ICAN) het die beroepskou in samewerking met die vereniging vir Kommersiële en Finansiële Rekenmeesters (CFA), die Vereniging vir die Bevordering van Swart Rekenmeesters in Namibië (ABAN), die Unam Rekeningkunde-vereniging (UNAS) en die Politegnikum Rekeningkunde- vereniging (PASCO), by die Universiteit van Namibië (Unam) aangebied.

Die Internasionale Federasie van Rekenmeesters (IFAC) het vanaf 7 tot 13 Desember verlede jaar vir die eerste keer ’n Wêreld Rekenkundige Week aangebied om die 30ste bestaansjaar van IFAC te gedenk. IFAC is ’n organisasie wat die rekenkundige beroep wêreldwyd bevorder.

Weens die feit dat Desembermaand in Namibië die tradisionele vakansietyd vir studente is, het die organiseerders besluit om die Nasionale Rekeningkunde-week vanaf 7 tot 13 Maart aan te bied.

Tydens die beroepskou sal verskillende rekeningkunde-verwante maatskappye en organisasies in die land, aanbiedinge lewer. Stalletjies is ook opgerig waar studente meer van die deelnemende maatskappye te wete kan kom soos die meegaande foto aandui.

Francios Olivier