|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Suiderland 15 MeiKollig 10 MeiDie Weer
|
24.10.2008 Pick 'n Pay-winkels kry nuwe voorkoms landwyd![]() Model Pick n Pay spog met ’n nuwe handelsmerk en kenteken wat die maatskappy onlangs bekend gestel het. Die verpakking, aanwysingsborde en punt van verkope, het ook verander. “Die nuwe handelsmerk is aangepas by die moderne tye ná kommentaar van kliënte en dit beeld nou ’n varser en lewendiger voorkoms uit. Die slagspreuk ‘inspired by you’ is in drie woorde ’n opsomming van ons gesindheid teenoor ons kliënte en Pick n Pay bestaan om sy kliënte te bedien en inkopiegenot aan hulle te bied,” het mnr. Feris gesê. Volgens die verklaring is dit nie net die naamborde buite wat herontwerp is nie. In die winkels is die huishandelsmerk ook verander, sowel as die “NO NAME”-handelsmerk. Die nuwe PnP-reeks sal die Choice-reeks met verbeterde resepte en bestanddele vervang. Volgens die verklaring word ’n premie-reeks ook vir die toekoms beplan. Pick n Pay in Wernhilpark is die eerste winkel in Namibië wat die visuele veranderings sal gebruik – die toepassing van die nuwe kenteken binne en buite die winkel, nuwe muurkleure, winkelaanwysingsborde en promosieontwerpe. Die Swakopmund-tak is die volgende winkel wat dieselfde veranderinge sal ondergaan, terwyl Walvisbaai en Oshakati op die kalender vir 2009 is. Model Pick n Pay is in Namibië sedert 1997 en is deel van die Ohlthaver & List-groep van maatskappye. Die eerste winkel het in Wernhilpark in Windhoek geopen, en het sedertdien tot sewentien winkels regoor Namibië uitgebrei. Die nuutste winkel is in September vanjaar op Rundu geopen. Die kleinhandelsgroep is ’n ten volle Namibiese maatskappy met ’n 100 persent Namibiese arbeidsmag van 1 500 werknemers. Francios Olivier |