|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Suiderland 15 MeiKollig 10 MeiDie Weer
|
10.04.2007 Pick 'n Pay open nuwe tak op die noordgrensOSHIKANGO, die snelgroeiendste deel van Helao Nafidi teenaan die Namibiese grens met Angola, het 'n supermark ryker geword nadat 'n Model Pick 'n Pay tak deur die dorp se burgemeester, mnr. Medusalem Handjaba, geopen is.
Mnr. Handjaba het die Ohltaver en List-groep geluk gewens met sy belegging op Helao Nafidi en Pick 'n Pay vir die gerief van moderne inkopies geprys. Hy het gesê dat die dorp weens sy geografiese ligging groot potensiaal inhou met verskeie voordele vir die beleggers en die inwoners. Volgens hom het die dorpsraad die afgelope twee jaar bouplanne ter waarde van sowat N$100 miljoen goedgekeur met sowat 300 werkgeleenthede wat vir inwoners van die gebied geskep word. Die openingsplegtigheid het verlede Woensdag plaasgevind en is onder andere deur die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, mnr. Sven Thieme, en senior be-stuurders Tjeripo Hijarunguru en Patrick Hashingola, bygewoon. "Beleggings is die belangrike dryfkrag van ons visie om die lewensomstandighede en sosio-ekonomiese welstand van die mense te verbeter. Die opening van hierdie winkel op Oshikango bewys hierdie kleinhandelaar se ambisie om verder in die Namibiese gemeenskap uit te brei," het mnr. Thieme gesê. Die Oshikango-winkel is die vyftiende tak landwyd en die derde Pick 'n Pay supermark in die Noorde. Die ander is in Oshakati en Ondangwa. Nagenoeg N$3,5 miljoen is in die Oshikango-projek belê en 18 permanente werkgeleenthede en 20 deeltydse poste is daardeur geskep. Pick 'n Pay, as 'n onderafdeling van die O&L-groep, is in 1996 plaaslik geopen na 'n franchise ooreenkoms met Pick 'n Pay Suid-Afrika gesluit is. Placido Hilukilwa op Oshikango |