17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.02.2010

Omeya môre op veiling


V.l.n.r. staan mnre. André van der Walt, Albe Botha, Wouter van Zyl en Pieter du Plessis saam met Gert Jacobie van Republikein toe ’n buitelandse belegger, mnr. Roberto Morello, se naam vandeesweek getrek is om ’n finalis te wees uit tien wat môre ’n kans staan om erf 180 in die Omeya Gholflandgoed te wen. Die veiling begin om 09:00 in die Hotel Safari en 215 erwe word per veiling aangebied.

DIT is eintlik verspot maklik om Saterdag ’n erfeienaar te word in die opwindende Omeya Gholflandgoed- en Behuisingsontwikkeling suid van Windhoek.

Wanneer die veiling môre om 09:00 in die Safari Hotel konferensiesentrum begin, kan net voornemende kopers wat vooraf geregistreer het, aan die veiling deelneem. ’n Koopkoepon ter waarde van N$50 000 is aan vroeë registreerders uitgedeel. Registrasie vind ook knap voor die veiling môreoggend plaas.

Om te kan registreer, moet ’n N$10 000 registrasiefooi betaal word. Die registrasiefooi is terugbetaalbaar as geen aankope gedoen word nie.

Indien ’n geregistreerde bieër wel ’n erf in die landgoed koop, word die registrasiefooi en die koopkoeponwaarde van die koopprys van die betrokke erf afgetrek en ’n bankwaarborg moet vir die balans van die koopsom gelewer word binne dertig dae na die veiling.

’n Koper betaal eers die erf wanneer oordrag in Februarie 2011 geneem word. Die ooreenkoms met die ontwikkelaars van Omeya is dat ’n nege putjie kampioenskapsgholfbaan voltooi moet wees.

Die erwe moet gediens wees, sekuriteit moet gereed wees, die inganghekke voltooi en ’n klubhuis moet klaar gebou wees voor oordrag sal geskied.

’n Direkteur van Omeya, mnr. André van der Walt, meen die erwe sal teen betaaltyd reeds baie in waarde toegeneem het en dat ’n voornemende koper geen uitgawes het voor Februarie 2011 nie, behalwe die registrasiefooi, wat buitendien van die koopprys verhaal word.

“Kopers loop geen risiko nie,” het mnr. Van der Walt hom oor die vooruitsigte vir Omeya-eienaars uitgespreek.

Erwe in die eerste fase van die ontwikkeling is bekostigbaar teen ’n laagste insetprys van N$277 000 vir ’n erf van 512 vierkante meter.

“Dit is ’n belegging van ’n leeftyd,” meen mnr. Van der Walt. Omeya is uniek in Namibië deurdat dit die eerste volledige dorpie is wat as ’n projek ontwikkel word, kompleet met ontspanningsgeriewe, ’n hoëklas gholfbaan, klublidmaatskap, ’n natuurlewe- belofte en die nodige geriewe soos ’n skooltjie, winkeltjies en dies meer. Veral belangrik is die gehalte sekuriteit wat vir die ontwikkeling beplan word.

Die direkteure van Omeya is oortuig daarvan dat die ontwikkeling ’n leefbare en gesogte keuse is vir beleggers wat wil aftree, suiwer beleggers in eiendom en vir jong families wat ’n leefstylkeuse maak vir hulleself en hul kinders.

“Dit is fisies veilig en dit is ’n veilige belegging,” is hul mening. Belangstelling in die Omeya-ontwikkeling is van so ver as Italië getoon deur vroeg te registreer.

In die voorafgaande publisiteitsveldtog het tienduisende sms’e ingestroom om vrae oor Omeya te beantwoord. In die kompetisie is nege finaliste aangewys wat môreoggend saam met ’n vroeë registreerder sal meeding om erf 180 in die ontwikkeling verniet en gratis te wen.

Die waarde van die erf is N$305 000. Die verwagting is dat die 215 erwe wat môre onder die hamer kom, soos soetkoek sal verkoop. Daarna word nog erwe aangebied in volgende fases van die ontwikkeling.

Inligting oor die Omeya Gholflandgoed kan nog vandag van Marisa Höhne by telefoonnommer +264 61 400 848 verkry word.