|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Suiderland 15 MeiKollig 10 MeiDie Weer
|
29.09.2011 Oktoberfest: Alles is gereed![]() Die Namibiese Brouerye (NBL) het dié week die 2011 Oktoberfest van stapel gestuur. Vanjaar se fees sal meer tradisionele elemente insluit om dit die grootste nóg in Namibië te maak. Vir die gebeurtenis op 28 en 29 Oktober by die SKW-klub laat die NBL ’n tradisionele Oktoberfest-orkes uit München, Duitsland, invlieg. ’n Spesiale “Festbier” word ook eksklusief vir die Oktoberfest gebrou. Die Oktoberfest-logo word elke jaar nuut ontwerp en verskyn ook op die beperkte aantal ingevoerde Masskrüge (reuse-bierbekers) wat by die Oktoberfest te koop sal wees, asook op alle handelsware en advertensies. Kaartjies kan vooraf by Computicket vir N$65 per dag of N$100 vir die naweek gekoop word, of N$75 per dag by die hek. Hier wys die broumeester van NBL, mnr. Christian Muller (links), hoe die vat oopgemaak word deur die kraan in te kap. Die proses word in Duits “Fassanstich” genoem en daarmee word die fees oop verklaar. Die strategiese beplanningsbestuurder van NBL, mnr. Norbert Wurm (regs), sal die bier eerste proe. |