|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Suiderland 15 MeiKollig 10 MeiDie Weer
|
3.09.2010 Nuwe fonds vul leemte![]() Me. Kauna Ndilula, die besturende direkteur van Business Financial Solutions, 'n nuwe finansiële raadgewersmaatskappy in Namibië. Business Financial Solutions (BFS) gaan as finansiële raadgewer dié nis in die Namibiese ekonomie vul en voornemende sakelui wat voorheen gesukkel het om hul planne van stapel te stuur, behoort by die bestaan van die nuwe maatskapy te baat. Tydens die aankondiging oor BFS het mnr. Sven Thieme, een van die land se voorste sakemanne, gesê hy is verheug om te verneem dat die maatskappy op die been gebring is. Hy het die trusteeraad van die Namibia Procurement Fund en die nuwe besturende direkteur van BFS, me. Kauna Ndilula, gelukgewens met die nuwe onderneming wat ’n groot bydrae tot die land se ekonomie sal maak. “Die bekendstelling van BFS as finansiële raadgewer en meer belangrik die stigting van die NamPro-fonds gaan nuwe geleenthede vir sakelui in die Namibiese ekonomie ontsluit. Daarbenewens vergroot dit die reeks produkt e wat aan voornemende sakelui beskikbaar gestel is,” het mnr. Thieme gesê. Me. Ndilula het volgens mnr. Thieme met haar ondervinding in die finansiële wêreld die leemte in die ekonomie raakgesien en die geleentheid gebruik om haar landgenote tot groter hoogtes te laat styg. Hy is van mening dat weinig ander finansiële dienste pasmaakprodukte aan die land se voornemende sakelui bied. “Me. Ndilula het met die verloop van die laaste twee jaar daarin geslaag om die fonds op die been te bring. In die opsig het sy dit vermag om vennootskappe met Trans African Capital Partners van Suid-Afrika en EFFCO van Botswana aan te gaan.” Die Namibian Procurement Fund is met ’n inspuiting van ’n vaste verbinding van N$160 miljoen van die Regeringsdiensinstellingspensioenfonds op die been gebring juis om die private aandeelhouding- en ondernemingskapitaalbedryf in Namibië aan die gang te kry. In Namibië staan die nywerheid volgens mnr. Thieme nog in sy kinderskoene. “Die stimulering en hervorming van die Namibiese ekonomie kan nie plaasvind sonder dat die klein- en medium sakesektor nie ondersteun word nie. Die groei van dié ekonomiese sektor skep nie net nuwe werkgeleenthede nie, maar dit dra ook by tot die diversifisering van die land se ekonomie.” Benewens ’n tekort aan finansiering vir die sakesektor word dit ook gekortwiek deur ’n gebrek aan toegang tot die plaaslike en internasionale mark, beperkte toegang tot tegnologiese ontwikkeling en ’n tekort aan bestuursvernuf en menslike hulpbronne bestuur. In die opsig sal die NamPro Fund ’n omvattende reeks finansieringsprodukte aan die voornemende klein en medium sakepersoon bied. Die fonds het ’n ontwikkelingsprogram juis vir die doel op die been gebring sodat oorbruggingskapitaal aan die sakesektor van die land verskaf kan word. Volgens mnr. Thieme is oorbruggingskapitaal van kardinale belang om die klein- en medium sakesektor in die land te stimuleer. Hy is van mening dat nuwe ontwikkeling in die land se mynbounywerheid heelwat geleenthede vir die sakesektor inhou, maar dat die geleenthede nooit sonder oorbruggingskapitaal benut sal kan word nie. |