17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

9.03.2010

Navin Morar Entrepreneurskapsentrum open in Windhoek

PRESIES 33 jaar gelede het die destydse sakekamer se president en bekende sakeleier, mnr. Navin Morar, vir die eerste keer in Windhoek begin werk as ‘n bestuurder van die Oases Cinema in Khomasdal. Hy was bekend vir sy voortdurende ondersteuning van entrepreneurskap in die land.

Vandag is mnr. Morar bekend as die eienaar van Chelsea Fashions en die dae wat hy en sy bruid, Sheila, in ‘n karavaan agter die teater gebly het, is amper vergete.

Die sakeryk wat mnr. Morar oor die afgelope drie dekades met behulp van sy vrou opgebou het, bestaan uit kleinhandel, handel, die ontwikkeling van eiendomme en spyseniering. Hy was ook betrokke by ‘n vereniging van sakeleiers en het ook as die tweede president van die Namibiese Nasionale Kamer van Handel en Nywerheid gedien, wat vandag as die NCCI bekendstaan.

Op dieselfde dag wat SMEs Compete, ‘n besigheid wat werkskepping in die klein- en medium besigheid sektor ondersteun sy vierde bestaansjaar vier, het hy ‘n nuwe opleidingsentrum in Windhoek bekendgestel. Ter erkenning van die ondersteuning, raad en leiding wat mnr. Morar deur die jare aan SME's Compete verleen het, is die gebou na hom vernoem.

Die openingseremonie is deur sakeleiers, entrepreneurs en diplomate bygewoon. SME's Compete het op die vieringe die geleentheid gebruik om erkenning aan mnr. Morar te verleen vir sy geesdrif om entrepreneurskap by alle Namibiërs aan te moedig

“Entrepreneurs skep rykdom, werkgeleenthede en bou ‘n land se ekonomie,” het die direkteur van SME's Compete, me. Claudine Mouton, op die geleentheid gesê.

SME's Compete het ontstaan uit ‘n openbare/private vennootskapprogram met Eerste Nasionale Bank (FNB) en die Deutscher Entwiklungsdienst (DED).

Die besigheid wat deur me. Mouton en mnr. Danny Meyer gestig is, lewer tans diens aan meer as 1 200 SME's deur sy vier takke in Windhoek en op Walvisbaai, Ongwediva en Rosh Pinah.

In sy hoedanigheid as ‘n maatskaplike entrepreneur is dit die besigheid se doel om ander entrepreneurs by te staan om die uitdagings te oorkom wat alle nuwe besighede in die beginfases ondervind.

Mnr. Meyer wys daarop dat alhoe wel die besigheid goed deur Namibiese korporatiewe firmas on dersteun word, hy steeds afhanklik is van gesoute entrepreneurs om leierskap en ondersteuning te verskaf deur die nuwe entrepreneurs aan te moedig en raad te gee.

“In die opsig is Navin Morar net ‘n telefoonoproep ver,” het mnr. Meyer benadruk.

Volgens SME's Compete kies Namibiërs van ‘n voorheen benadeelde agtergrond meestal ‘n informele roete as hul die sakewêreld wil betree.

Na ongeveer ‘n jaar waarin hulle goeie sake gedoen het en vertroue verkry het, sal hulle vir die eerste maal die reëlings formaliseer.

“Ons sal nie so ‘n moeilike taak, ‘n taak waarvan Namibië se toekomstige voorspoed grootliks afhanklik is, sonder die hulp van mense soos mnr. Morar kan aanpak nie. Die Navin Morar Onderneming en Entrepreneurskapontwikkelingsentrum is dus ons ma nier om baie dankie te sê vir u ondersteuning,” het mnr. Meyer afgesluit.