|
Republikein
|
|
Vandag se koerant
Vandag se Spotprent Market indicators Bruidspaarkompetisie in volle swang Kollig 9 FebruarieDie Weer
Videonuus Finse universiteit skenk voertuie Videonuus Videonuus Die onkruid waai op Nkurenkuru Advertensie Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae |
12.03.2010 Namibiese Sake Heldesaal vereer presteerders
Die Namibiese Sake Heldesaal het Namibiese sakelui gisteraand vereer vir hul groot bydrae tot die Namibiese ekonomie. Junior Achievement Namibia en die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI) het die Namibiese Sake Heldesaal juis vir die doel gestig.
Gisteraand was vier mense bekroon vir hul rol in die versterking van die Namibiese ekonomie: dr. Tjama Tjivikua, rektor van die Politegnikum van Namibië; mnre. Desmond Amunyela en Lazarus Jacobs, mede-eienaars van Paragon Investment Holdings en me. Monica Kalondo, besturende direkteur van Stimilus Private Equity.
Dr. Tjivikua is op 27 Julie 1958 op Otjomupanda in die Otjozundjupa-streek as een van 12 kinders gebore.
Na sy oorsese studies aan onder meer die Universiteit van Lowell in Massachusetts en die Universiteit van Pittsburgh, beide in Amerika, het hy ’n tesis oor molukulêre herkenning in organiese chemie by die Instituut vir Tegnologie in Massachusetts voltooi. Sy wetenskaplike werk, wat baie aandag in die media ontvang het, het wye internasionale dekking ontvang en dit het in verskeie wetenskaplike joernale en tydskrifte verskyn.
Dr. Tjivikua het as ’n assistentnavorser gewerk terwyl hy ’n student was en het by die Universiteit van Lincoln as ’n assistentprofessor in chemie lesings aangebied voor hy na Namibië teruggekeer het om in 1995 as rektor van die Politegnikum aangestel te word.
Mnr. Desmond Amunyela en mnr. Lazarus Jacobs het in 1986 ontmoet toe mnr. Amunyela probeer het om ’n Duitse brood aan mnr. Jacobs te verkoop. Hul eerste besigheid, Pamondja Media Rental, was ná groot sukses met advertensieborde deur Alliance Media uitgekoop. Beide mans het toe besluit om hul winste in ’n nuwe maatskappy, Paragon Investment Holdings, te belê.
Me. Monica Kalondo is op 15 November 1976 op Okaku gebore. Sy het regte aan die Universiteit van Namibië gestudeer en voltyds gewerk om haar studies te betaal.
Sy het begin by die Sentrum vir Toegepaste Sosiale Wetenskappe en later ’n betrekking by die Namibiese Effektebeurs (NSX) gekry. Dit was die betrekking wat haar aangemoedig het om weg te beweeg van die regte en die wêreld van finansies te betree. Na sy haar graad ontvang het, is sy bevorder na rolbestuurder by die NSX. Sy het na vier jaar ’n betrekking by ’n beleggingsbank aanvaar en is in 2005 as die besturende direkteur van Stimulus Private Equity aangestel. |