17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.03.2010

Namibië word klein Italië met pastafabriek

© Francoise Steynberg
Personeellede van Bokomo Namibia saam met Pres. Hifikepunye Pohamba (tweede van links) in die nuwe pastafabriek.

GROTER voorspoed kan geskep word deur die bevordering en uitbreiding van plaaslike vervaardigingsnywerhede om Namibiese verbruikers met plaaslik vervaardigde goedere te voorsien.

Pres. Hifikepunye Pohamba het verlede week Bokomo Namibia se nuwe en moderne Pasta Perfektoaanleg amptelik geopen en nuwe ontwikkelinge soos dié verwelkom, “want op die lange duur kan die uitdagings van werkloosheid aandag geniet deur bestendige werk vir ons mense te skep”.

Hy sê hy sien uit na die bydrae van die nuwe fabriek om ’n nuwe en breër toegang tot die mark vir plaaslike produsente te skep.

Die Pasta Perfekto-aanleg is sedert Oktober verlede jaar in bedryf en dit word verwag dat dit ’n groot rol in die groeiende mark vir pasta in Namibië, sowel as die uitvoermark van Angola, sal speel. Bokomo Namibia het ook ’n nuwe Switserse meule van N$30 miljoen aangekoop en geïnstalleer wat teen die einde van die jaar in volle bedryf sal wees.

Die President het die onderneming geloof as een van die groeiende Namibiese maatskappye wat hoë gehalte plaaslike produkte vervaardig.

“Ek is seker dat die Pasta Perfekto-aanleg Bokomo se sake-aktiwiteite sal versterk, meer waarde sal toevoeg en bydra tot die land se ekonomiese groei.”

Hy het ’n beroep op die private sektor gedoen om ’n ondersteunende rol te speel in belangrike nasionale ondernemings om plaaslike voedselproduksie en die bemarking van oeste aan te moedig.

“Handelaars, verspreiders en voedselprosesseerders soos die Pasta Perfekto- aanleg moet plaaslike verspreiders as hul bron gebruik. Op hierdie manier kan betroubare markte vir plaaslik vervaardigde voedsel geskep word.”

Bokomo Namibia het in 1998 ’n nederige begin gemaak as ’n plaaslike eierproduksiemaatskappy en sedertdien van krag tot krag gegaan. Oor die afgelope elf jaar het dit merkwaardige groei getoon. Op die oomblik versprei Bokomo Namibia meer as ’n duisend produklyne, waarvan dertig plaaslik vervaardig word. Bokomo Namibia is ook die suksesverhaal van ’n 50/50-samesmelting tussen die Frans Indongo-groep en Pioneer Foods in 2007.

“Sedert die samesmelting is ons deel van ’n groot transformasieproses,” het dr. Frans Aupa Indongo gesê. “Verkope en verspreiding van verbruikersgoedere het vermenigvuldig, die eierproduksiefasiliteite is hervestig en opgegradeer na die nuutste tegnologiese standaarde. Eierproduksie het byna verdubbel en die vervaardiging van mieliemeel en koringmeel het drasties vermeerder.”

Dr. Indonga sê die pastafabriek sal bydra tot industrialisering, plaaslike waardetoevoeging, werkskepping en groter winste wat die staatsbelastingkoffers sal aanvul.