17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.03.2010

Namibië Toerismeraad maak reg vir WC2010



DIE Namibië Toerismeraad (NTB) het sy WC2010-tuisblad bekendgestel om die plaaslike en internasionale publiek in te lig oor Namibiese sport, toerisme en veral ontwikkelinge rakende die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Net soos buurlande van Suid- Afrika voorberei vir die Wêreldbeker- sokkertoernooi, beplan Namibië ook om baie besoekers na die land te verwelkom en die tuisblad, www.2010.namibiatourism. com.na bied deeglike inligting en verbruikersvriendelike kenmerke vir besoekers.

“Namibië kom ’n lang pad in die voorbereiding vir die Wêreldbeker en die 2010-tuisblad is nog ’n uitstekende toevoeging tot al ons pogings,” het die hoof uitvoerende beampte van NTB, mnr. Digu //Noabeb, gesê. “NTB is opgewonde oor die vooruitsigte vir Namibië voor, tydens en ná die Wêreldbeker-sokkertoernooi.”

Die tuisblad se beste kenmerk is die spesiale pakkette wat verskillende diensverskaffers soos onder meer toeroperateurs, hotelle en lodges aanbied vir spesifiek 2010 om te verseker dat besoekers in hierdie tyd gebruik kan maak van bekostigbare reispakkette. Pakkette wissel van invlieg-safari’s, jag en visvang, ontspanning en avontuur. Op die tuisblad is daar ook vir besoekers volledige inligting oor Namibië, die nuutste oor die 2010-ontwikkelinge in Suid-Afrika en ’n media-galery met video’s en foto’s.

“NTB is trots om te kon bydra tot die bemarkingspoging van die 2010 Wêreldbekertoernooi. Ons hoofdoel was nie om spanne te bring om in Namibië te kom kamp nie, ons hoofmandaat is bemarking,” het mnr. //Noabeb gesê. NTB het as gasheer opgetree tydens ’n aantal geleenthede, soos die Dertour Academy en Knech Raisent-programme wat 200 reisagente en die media na Namibië gebring het wat opgelei en blootgestel is aan Namibië se toerismeprodukte om dit in Europa professioneel te verkoop.

NTB het ook die Soccerex-geleentheid in 2008 en 2009 bygewoon waar vennootskappe met handelsektore en die media gesluit is. NTB het ook ’n uitstalling by die finale trekking van die Wêreldbeker- sokkertoernooi in Kaapstad aangebied. In Suid-Afrika is gefokus op handelsmerke op metrobusse en veldtogte op radioprogramme en mobituisblaaie om bewustheid van Namibië te onderskraag.

’n DVD oor Namibië word ook gefinaliseer om deur die media gebruik te word. Belangrike besluitnemers sal ook in Junie na die Tourism Expo gebring word. ’n Vier week lange uitstalling as deel van SADC, sal in Melrose Arch in Johannesburg tydens die 2010 Wêreldbeker gehou word. Tydens die bekendstelling het mnr. //Noabeb ook ’n gefokus op Namibië se vooruitsig vir die herstel van die reisen toerimesektor in 2010 nadat die wêreld ekonomiese insinking ’n duidelike impak op die sektor gehad het.

“Ten spyte van die ekonomiese insinking het die toerismesektor die toets van tyd deurstaan en met twee persent verhoog.” Internasionale toerisme het in 2007 van 928 000 tot 931 111 in 2008 toegeneem. Op die internasionale front het die tradisionele markte van Duitssprekende Europa naamlik Duitsland, Switserland en Oostenryk, positiewe groei getoon, maar die Verenigde Koninkryk (VK), Frankryk en België het ’n daling van 0,36% tot 23,3% getoon. Spanje, ’n mark wat nog nie deur NTB binnegedring is nie, het ’n verhoging van 23% getoon met 6 000 besoekers.

Op streekfront het Suid-Afrika en Angola ’n verlaging van onderskeidelik 3% en 6% getoon, maar besoekers van Botswana, Zambië en Zimbabwe het met onderskeidelik 3%, 23% en 9% toegeneem. “Baie geld is belê om bemarking in Europa en die VK te verhoog, maar Air Namibia se afskaffing van direkte roetes na die VK speel gedeeltelik ’n rol in die VK se laer besoekersyfers, hoewel die VK ook een van die lande is wat hard deur die ekonomiese insinking getref was,” het mnr. //Naobeb gesê.

Volgens vergelykende besettingsyfers wat aan die NTB gegee is, het die gemiddelde besettingsyfers konstant op 32% gebly wanneer 2008 en 2009 vergelyk word. “Die patroon wys egter dat ’n aanpassing na goedkoper tipe akkommodasie plaasgevind het.”

Hoë klas akkommodasie soos lodges, tentkampe en tentlodges is hard getref, maar goedkoper akkommodasie het ’n toename gewys, soos onder meer bed en ontbyt (+6%), rugsaktoeriste (+12%), selfsorg (+2%) en hotelpensions (+5%). Besettingsyfers van gasteplase (-1%), hotelle (-4%), lodges (-3%), ruskampe -2%), tentkampe (-5%) en tentlodges (-5%) het ’n negatiewe impak ondervind.