17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.02.2012

Namibië steeds moeilik om sake in te doen

© Doing Business database
How Namibia and comparator economies rank on the ease of dealing with construction permits.

NAMIBIË het met vier plekke op die ranglys van die Wêreldbank se 2012-verslag “Doing Business in a More Transparent World” gedaal.

Die verslag meet jaarliks die gemak waarmee sake in verskeie wêreldlande gedoen kan word. Dit fokus op tien gebiede, naamlik die gemak om ’n besigheid te begin, die hantering van boupermitte, om elektrisiteit te bekom, die registrasie van die eiendom, die verkryging van krediet, beskerming van beleggers, om belasting te betaal, oorgrenshandel, die toepassing van kontrakte en die oplossing van bankrotskap.

Volgens die verslag beklee Namibië tans die algehele 78ste plek uit 183 lande wat beoordeel is, gebaseer op die gemiddelde punt wat op elke gebied bereik is.
© Doing Business database
How Namibia and comparator economies rank on the ease of starting a business.

Die streekgemiddeld vir lande besuide die Sahara is 137 met Mauritius in die 23ste plek gevolg deur Suid-Afrika (35ste), Botswana (57ste), Zambië (84), Mosambiek (139), Malawi (145), Zimbabwe (171) en Angola (172).

’n Probleemgebied wat in Namibië deur die verslag uitgelig word, is die registrasie van eiendom waar die land in die 145ste plek geplaas is – 18 plekke laer as in 2011.

Volgens die verslag het Namibië die oordrag sowel as registrasie van eiendom bemoeilik in teenstelling met ander wêreldekonomieë wat dit juis vergemaklik het om sodoende entrepreneurs toegang tot die mark te gee.
© Doing Business database
How Namibia and comparator economies rank on the ease of doing business.

Ander haakplekke sluit oorgrenshandel (142ste), die gemak om ’n besigheid te begin (125ste), elektrisiteitsverskaffing (105de) en die betaling van belasting (102de) in.

Namibië het ook swakker gevaar in die kategorie van die beskerming van beleggers waar die land nou die 79ste plek beklee teenoor verlede jaar se 74ste plek.

Gebiede waarin Namibië egter goed tot redelik gevaar het, is die verkryging van krediet (24ste), die toepassing en uitvoering van kontrakte (40ste) en die hantering en prosessering van boupermitte (52ste, onveranderd sedert 2011).

Die top vyf lande in die wêreld waar dit die maklikste is om sake te doen, was Singapoer (eerste) gevolg deur Hongkong, Nieu- Seeland, die VSA en Denemarke.