Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Kollig 9 Oktober

Suiderland 07 Oktober

Windhoek skou

Motor 26 September

Noorderlig 23 September

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

24.07.2008

Nafau en kettingwinkel kwaai haaks


Mnr. Kiros A. Sackaria, hoofsekretaris van die Namibiese Voedselen Verwante Werkersunie (Nafau).
DIE Namibiese Voedsel- en Verwante Werkersunie is ontsteld oor die huidige arbeidsverhoudinge wat tussen hom en Shoprite Namibia heers. Die winkelgroep beweer dat die vereistes wat Nafau ten opsigte van werkers stel, die werkers vir die onderneming te duur maak. Shoprite het gevolglik op 1 April vanjaar ‘n brief aan Nafau gerig waarin hy kennis gee van sy voorneme om die erkenningsooreenkoms tussen die vakbond en winkelgroep te beëindig.

Shoprite voer glo verder aan dat Nafau nie meer 51 persent van die werkers in die kettingwinkel se diens verteenwoordig nie. Die hoofsekretaris van Nafau, mnr. Kiros A. Sackaria, het op ‘n mediakonferensie die unie se ontsteltenis met Shoprite Namibia uitgespreek. Hy beweer dat Nafau baie aangeleenthede met Shoprite Namibia opgeneem het sonder dat hy positiewe terugvoering ontvang het van wat die unie “Suid-Afrikaanse afstandsbeheerde sakeryk” ontvang het.

Mnr. Sackaria sê dat die huidige bestuurder: menslike hulpbronne van Shoprite in Namibië vanaf ‘n afstand beheer word. Volgens hom het die beampte nie ‘n begrip van die Namibiese Arbeidswet nie en gevolglik word toegepas wat mnr. Bill Moir van Suid-Afrika voorskryf. “Hoe kan ‘n buitelander wat nie begrip het van ons Arbeidwet nie, aan ons dikteer wat moet gebeur?” wou mnr. Sackaria weet.

Hy het verder gesê dat ‘n sekere Namibiese Groot- en Kleinhandelwerkersunie (NWRWU) ‘n aggressiewe veldtog loods om werkers by Shoprite aan hul kant te kry deur ‘n “belofte van manna wat uit die hemel gaan val as hulle kies om van Nafau by Shoprite ontslae te raak en by die unie aansluit.” Hy sê hy respekteer die NWRWU se bestaansreg en dat hulle demokraties verkies is, maar waardeer nie hul “vuil veldtog” nie.

“Hulle verkies om by die agterdeur in te kom,” het hy gesê. “Hoekom het hulle op 17 Julie vanjaar sonder die mandaat van al die werkers van Shoprite ‘n loonooreenkoms onderteken? “Hoekom het Shoprite se bestuurder: menslike hulpbronne en die sekretaris-generaal van NWRWU besluit om privaat die loonooreenkoms te onderteken en verkies om die wettig erkende Nafau te ignoreer?” wou hy weet.

Mnr. Sackaria wou verder weet wat geword het van die eise ten opsigte van lone en werksomstandighede wat deur Nafau op 26 Junie vanjaar aan die bestuur van Shoprite voorgelê het. Hy wou ook weet wat geword het van die dispuut wat die unie vanjaar teen die winkelgroep verklaar het. Nog ‘n onbeantwoorde vraag is of Shoprite ‘n proses aan die gang gesit het om te bepaal of Nafau nie meer 51 persent verteenwoordiging by Shoprite geniet nie.

Hy het gesê Nafau se posisie is dat hulle die wyse veroordeel waarop NWRWU die ondertekening van die loonooreenkoms met Shoprite beding het wat die kwessie van werksomstandighede uitsluit. Volgens hom eis Nafau dat die beweerde onwettige ooreenkoms tersyde gestel word aangesien dit op ‘n korrupte praktyk tussen Shoprite se bestuurder: menslike hulpbronne en NWRWU dui. Hy eis verder dat Nafau-lede nie deel word van die loonooreenkoms nie.