17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

4.02.2010

Multimiljoendollar kompleks vir Oshikango

© Republikein
Mnr. Peter Carolism (derde van links), burgemeester van Helao Nafidi, saam met winkeleienaars in die sentrum.

DIE Oshikango-gedeelte van die Helao Nafidi-dorp in die Ohangwena-streek het weereens bewys dat dit ’n gesogte ligging is vir plaaslike en buitelandse beleggers, toe nog ’n multimiljoen handelskompleks Maandag amptelik ingewy is.

Die dorp se burgemeester, mnr. Peter Carolissen, wat die opening van die Namibia and China (Namchi) Park Shopping Centre gedoen het, het gesê die dorpsraad het aansporings vir alle soorte besighede geskep wat die grensdorp ’n beleggersnes gemaak het.

Volgens hom het die dorpsraad van Helao Nafidi die afgelope tyd bouplanne ter waarde van meer as N$100 miljoen goedgekeur.

“Hierdeur word werksgeleenthede vir plaaslike mense geskep,” het hy gesê. Hy het egter gesê dat die ekonomiese groei nie net gepaard gaan met die opheffing van die inwoners se lewenspeil nie, maar ook met maatskaplike uitdagings soos toenemende misdaad en siektes.

“Dit ruk ook die dorpsraad se kapasiteit om diens te lewer weens die instroming van mense vanaf die platteland,” het hy gese. Hy het die direkteurs van die Namchi Park vir die gepaste besluit om in Helao Nafidi te belê, geprys.