25.07.2008

MTC belê groot in netwerk

MTC gaan honderde miljoene dollar aan die verbetering van sy kernnetwerk bestee, 'n proses wat teen die einde van September 2008 voltooi behoort te wees. Die opgradering sal beide die vermoë en gehalte van die netwerk verbeter om te voldoen aan die vereistes van die groeiende aantal kliënte van die maatskappy, wat onlangs die 950 000 kerf vir aktiewe gebruikers in die land van 2 miljoen inwoners oorgesteek het.

Mnr. Miguel Geraldes, besturende direkteur van MTC, het verduidelik dat gedurende Desember 2007 die maatskappy begin het met die groot beleggingsprogram in MTC se netwerk en dat dit nou byna voltooi is. “Sodra dit voltooi is teen die einde van September 2008 sal proses bydra tot opgradering van strategiese knooppunte en sal dit die kapasiteit versterk in terme van die groeiende aantal kliënte en sal dit ook sorg vir toekomstige groei, deur betroubaarheid in diens en netwerkbeskikbaarheid aan al ons kliënte te verseker,” het mnr. Geraldes gesê.

Die gevolg van die groter belegging was dat die maatskappy met ‘n enkele belegging van N$3,5 miljoen die kapasiteit van sy knooppunte verdubbel het wat kort teksboodskappe (SMS) hanteer. Dit het in vennootskap met Intervoice geskied. MTC het ook ‘n nasionale transmissie- projek bekend gestel wat die geografiese noorde, suide, ooste, weste en noordweste van die land met mekaar verbind met bykomende kapasiteit vir Windhoek, die kus en die Noorde.

Hierdie projek sal verseker dat MTC verbeterde diens beskikbaarheid kan lewer wat deur homself gerugsteun is, in plek daarvan om gebruik te maak van die gehuurde infrastruktuur van Telecom Namibia. Hierdie projek se koste beloop N$76 miljoen wat gedeel is tussen NERA en Ericsson. Bykomende dekking en kapasiteitsverbetering op die radiotoegangsnetwerk GSM, GPRS, EDGE en 3G Broadband, waarborg en verbeter mobiele telefoondekking aan Namibiërs en besoekers met ‘n belegging van byna N$100 miljoen.

Dit is gedoen in vennootskap met Nokia Siemens Networks en Motorola. Die laaste projek behels N$88 miljoen vir die vervanging van die bestaande sentrale omskakelingstoerusting in Windhoek en Oshakati wat die jongste tegnologie in Namibië beskikbaar stel.