|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Suiderland 15 MeiKollig 10 MeiDie Weer
|
25.08.2010 Mej. Namibië open rekening by SBN![]() Mejuffrou Namibië, Odile Gertze, word deur die leier van Standard Bank Namibië se verkoopspan by die hooftak in Windhoek, me. Maureen Louw, bygestaan om ‘n nuwe bankrekening by die finansiële instelling te open.
MEJ. Namibië 2010, Odile Gertze, het ‘n kontantprys wat sy na haar kroning as die land se mooiste vrou van Standard Bank Namibia (SBN) ontvang het, gebruik om ‘n nuwe bankrekening by dié finansiële instelling te open.
Odile het die kontantprys onmiddellik by haar nuwe rekening inbetaal. Me. Maureen Louw, leier van Standard Bank se verkoopspan by die bank se hooftak in Windhoek, het haar gehelp om die rekening te open. Werknemers van die bank se tak in die Wernhil Park-inkoopsentrum, waar sy die rekening geopen het, was baie opgewonde om die skoonheid te ontmoet en met haar te gesels oor haar planne vir die komende jaar. Odile vertrek eersdaags na China om aan die Mej. Wêreld-skoonheidskompetisie deel te neem. Die hoof van Standard Bank Namibia se bemarkingsafdeling, mnr Thaddius Maswahu, het haar sterkte met die kompetisie toegewens. “Jy het al ons ondersteuning en goeie wense vir die kompetisie in die vreemde.” Mnr. Maswahu het gesê hy, soos al die werknemers van Standard Bank, het geen twyfel dat Odile Namibië met trots sal verteenwoordig en dat sy die inwoners van die land ewe trots sal maak nie. |