17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

1.09.2010

Meesterbouers van SA trek groot geeste na Windhoek


Mnr. Erkki Nghimtina, die Minister van Werke en Vervoer, wat later vandeesmaand die opening van die 105de kongres van Meesterbouers Suid-Afrika in Windhoek sal waarneem.

DIE 105de kongres van Meesterbouers Suid-Afrika vind vanjaar vanaf 19 tot 22 September in Windhoek plaas en prof. Roger Flanagan, ’n kenner op die gebied van konstruksiebestuur in Brittanje, is een van die hoëvlak sprekers by die geleentheid.

Hy is ’n professor in konstruksiebestuur by die Universiteit van Reading en ook ’n lid van Brittanje se Innoverende Konstruksienavorsingsentrum. Prof. Flanagan word wêreldwyd erken vir die navorsing wat hy oor konstruksiemarkte in die wêreld, kostebestuur, risikobestuur en korporatiewe strategie gedoen het. Plaaslike sprekers by die kongres met die tema “Beyond 2010” sluit Minister Erkki Nghimtina van Werke en Vervoer in.

Minister Nghimtina sal die opening van die kongres waarneem. Die Direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, mnr. Tom Alweendo, sal ook ’n praatjie tydens die geleentheid lewer.

Ander sprekers by die kongres sluit in:
 
• Gary van Staden, ’n politieke analis wat ’n bespreking met die tema “African states with a political state of affairs that should make them future winners” sal lei;

• Ken Reynolds van Nedbank Korporatiewe Eiendomsfinansiering, wat die kongres oor die beste praktyk vir “groen” geboue sal toespreek;

• Hans Schefferlie, ’n direkteur van verskeie verenigings in die boubedryf en ’n lid van die SABS Tegniese Komitee 59, wat oor die veranderinge in die SA Nasionale Bouregulasies en energiedoeltreffendheid in geboue sal praat;

• Ronnie Khoza, hoof uitvoerende beampte van die Ontwikkelingsraad van die Konstruksienywerheid, wie se besprekingstema “The future of the SA/SADC construction industry - Beyond 2010” is;

• Prof. Johann Coet- zee, voorsitter van die Wiehahn Formwork and Scaffolding Group, wat ’n praatjie met die tema, “The Clumsy Architect: The Case for Proper Life Construction” sal lewer; en

• Christiaan Bakkes, ’n bekende Suid-Afrikaanse skrywer.

Die kongres bring lede van die Meesterbouersvereniging en verwante nywerhede van regoor Afrika byeen om interaktiewe deelname tussen lede, besluitnemers en kundiges in die bedryf te verhoog. Die geleentheid dien as grondslag vir besprekings oor aangeleenthede wat die konstruksiebedryf raak.

Afgevaardigdes na die kongres kan uitsien na ’n vol program met stimulerende praatjies deur invloedryke sprekers wat uit ’n wye spektrum van die nywerheid betrek is. Volgens mnr. Pierre Fourie, die hoof uitvoerende beampte van Meesterbouers Suid-Afrika, is die geleentheid een van die grotes op die konstruksienywerheid se kalender.

“Sedert 1904 kom ons byeen om die aangeleenthede en uitdagings van die bedryf en ons lede se ondernemings te bespreek. Ons het mekaar bygestaan om oplossings te kry en gassprekers het praatjies oor innoverende idees gelewer,” het hy gesê.

Mnr. Fourie is ook van mening dat die kongres ’n geleentheid vir plaaslike en buitelandse rolspelers in die bedryf is om met mekaar te sosialiseer en te netwerk.

Meesterbouers Suid- Afrika bevorder die hoogste kwaliteit en standaarde in konstruksie-en verwante nywerhede. Vir meer inligting oor die kongres kan die webblad www.mbsa. co.za besoek word.