17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.01.2012

Let hierop tydens werksonderhoud



VERSKEIE faktore moet in gedagte gehou word wanneer jy moet besluit of jy ’n nuwe werk wil aanvaar: die salaris, voordele, titel en selfs hoe lank jy gaan pendel.

Hoewel bogenoemde bepalende faktore mag wees, is die belangrikste oorweging egter of jy gelukkig gaan wees by die maatskappy.

Swak maatskappy-kultuur wat byvoorbeeld deur vrees, intimidasie, vyandigheid en luiheid gekenmerk word, is van die grootste negatiewe eienskappe wat werksgenot in die kiem kan smoor. Ontevredenheid en ongelukkigheid in jou werksomstandighede kan daartoe lei dat jy nie net jou loopbaan in die lang termyn strem nie, maar jy kan ook depressief word en moontlik selfs daaroor ineenstort.

Eerder as om by ’n maatskappy met ’n negatiewe kultuur aan te sluit, wees op die uitkyk vir hierdie waarskuwingstekens wanneer jy vir ’n onderhoud gaan:

1 Die onderhoudvoerder is onaangenaam.

Die kans bestaan dat die onderhoudvoerder nie ten volle bekwaam is om sodanige onderhoud te voer nie. Tog kan ’n ongemaklike onderhoud ’n goeie aanduiding van die maatskappy wees. Met geskoolde onderhoudvoerders kan jy verwag om oor jou kennis, ervaring en vaardighede getoets te word. Dit moet egter nie voel of jy aangeval word nie.

Indien die onderhoudvoerder onaangenaam is – waar hy jou beoordeel en nie evalueer nie, jou beledig of ongeskik hanteer – kan dit ’n teken wees van hoe mense mekaar by die maatskappy hanteer. Met ander woorde, die onderhoudvoerder se ongeskiktheid kan dalk op ’n kultuur in dié werkplek dui.

Wees ook versigtig vir iemand wat jou op die verdediging plaas, afbreek en daarna ’n werk aanbied. As jy dan soveel van ’n verloorder is as wat hy jou uitmaak, hoekom sal hulle jou in diens wil neem?

2 Jy kry nie ’n reguit antwoord nie.

’n Werksonderhoud bied jou ’n gulde geleentheid om meer oor jou voornemende werkgewer uit te vind. Jy kan – en moet – vrae oor die maatskappy vra.

Indien ’n onderhoudvoerder weier om vrae te beantwoord, lieg of op die verdediging is, is dit ’n goeie aanduiding dat hy/sy iets probeer wegsteek.

Trouens, goeie werksverhouding is gegrond op wedersydse vertroue en respek.

3 Daar heers ’n ongelukkige atmosfeer.

Wanneer jy by die onderhoud aankom, probeer die werkplek deurkyk. Lyk die mense gelukkig en betrokke? Kan jy gesprekke van samewerking hoor? Het werknemers hul werkstasie verpersoonlik? Of is hulle terneergedruk en stil, word daar net tot 17:00 by hul lessenaars geswoeg voordat hulle die pad kan vat?

4 Die maatskappy het ’n slegte reputasie.

Gaan aanlyn en doen ’n bietjie navorsing. Soek kommentaar oor die maatskappy van beide sy kliënte en werknemers. As daar ’n oorweldigende aantal negatiewe kommentaar is – veral van kliënte wie se bevrediging ’n prioriteit moet wees – wees gewaarsku.

Indien die maatskappy se hantering van kliënte veel te wense oorlaat, hoe sal hulle jou hanteer?

– Ontleen aan Businessinsider.com