|
Republikein
|
|
Vandag se koerant
Vandag se Spotprent Market indicators Bruidspaarkompetisie in volle swang Kollig 2 FebruarieDie Weer
Videonuus Finse universiteit skenk voertuie Videonuus Die onkruid waai op Nkurenkuru Videonuus Advertensie Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae |
2.09.2010 Jongspan gaan mikrofoon hanteer![]() Die seremoniemeesters by vanjaar se Kidz Fun Fair is (voor) Shomany Keister. Tweede ry v.l.n.r Christaline Mushongo, Vistorina Namene en Ndina Kamati. In die derde ry is Trisha Mwewa en Adrië Hendricks. Agter staan Joseph Lewis en Michael Scriven. Vanjaar gaan hierdie funksie egter deur die kinders self oorgeneem word en diegene wat vir die doel verkies is, moes opleiding ontvang om onder meer hul vrees vir openbare optrede te besweer. Bank Windhoek het mnr. Robin Tyson, ‘n bekende radio- en televisiepersoonlikheid en dosent in mediastudies aan die Universiteit van Namibië, se hulp ingeroep om die opleiding aan die groep jongmense te gee. Die jong seremoniemeesters is uit die geledere van Bank Windhoek Sakesprekers vir Sekondêre Skole gekies. Bank Windhoek se hoof van korporatiewe kommunikasie en maatskaplike belegging, mnr. Riaan van Rooyen, het gesê hy was baie beïndruk met die vordering wat die jong mense tydens die daglange kursus gemaak het. “Die opleiding is afgesluit met ‘n karaokeaand waar die jongklomp se vrese vir optrede in die openbaar besweer is. In die algemeen het dit baie goed gegaan en die jong mense sal beslis besoekers aan die Kidz Fun Fair met hulle nuwe vaardighede beïndruk.” Volgens mnr. Van Rooyen het die aspirantseremoniemeesters opleiding in verskillende aspekte soos onder meer die hantering van mikrofone ontvang. |