|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Suiderland 15 MeiKollig 10 MeiDie Weer
|
6.11.2006 Informele besigheidsentrum amptelik geopenDIE amptelike opening van die Nangeda Kaduuluma informele sakesentrum vir kleinhandelaars (straatverkopers) is Donderdag deur die burgemeester van Windhoek, mnr. Mattheus Shikongo in Wanaheda, Katutura waargeneem.
Die sentrum is in die plek van die mark by die Wanaheda busstop wat die afgelope jare in fases gebou en opgradeer is teen koste van N$ 488 154. Die Nangeda Kaduuluma informele besigheidsentrum huisves tans 52 kleinhandelaars. Mnr. Shikongo het mnr. Kerry McNamara tydens die geleentheid geloof vir sy maatskappy, Urban Trust of Namibia, se bydrae van N$192 000 wat die tweede fase van die projek moontlik gemaak het. Volgens mnr. Shikongo het die Windhoek munisipaliteit sedert 1995 meer as N$20 miljoen aan infrastruktuur vir kleinhandelaars bestee. Sowat 1 000 kleinhandelaars baat by die nuwe ontwikkeling. |