|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Suiderland 15 MeiKollig 10 MeiDie Weer
|
30.08.2010 Impak van uraanmyn met publiek gedeelDIE geleenthede wat die ontwikkeling van die ontsaglike Husaburaanmyn (Rössing- Suid) aan sakeondernemings, voornemende kontrakteurs en diensverskaffers gaan bied, gaan aanstaande week op byeenkomste in Windhoek en op Swakopmund geskets word.
Dit sal inligtingsessies wees, het die skakelbeampte van die myn, mnr. Tom Ferreira, aan Republikein gesê. Volgens hom word die eerste konstruksiewerk vir aanstaande jaar in Junie beplan. Volle konstruksie sal in Januarie 2012 op die mynperseel druis. Op die inligtingsvergaderings sal Swakop Uraan (die Husab-projek) se uitvoerende hoof, mnr. Norman Green, en sy projekspan die tenderprosesse skets. Inligting sal ook verstrek word hoe sakeondernemings en diensverskaffers te werk moet gaan om op tenderlyste ingesluit te word. Die vergaderings vind môre om 18:00 op Swakomund in die Primêre Skool Namib in Sam Nujomarylaan (hoofstraat) en Woensdag om 10:00 by die Arebbusch Travel Lodge op die hoek van Auas- en Gholfstraat in die Olympiawoonbuurt van Windhoek plaas. Ondernemings wat verteenwoordig wil wees, moet Dean Esau laat weet. Die e-posadres is deane@swakopuranium. co.na. Die e-pos moet die maatskappy se naam en die naam van die verteenwoordiger verstrek en ook ’n aanduiding gee van watter een van die twee byeenkomste bygewoon gaan word. |